STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
No. 44651 101
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
101
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
(c) Die volgende Deel en artikels word hierby
ná artikel 11 in Hoofstuk 2 ingevoeg:
‘‘Deel 3A
Persone 18 jaar of ouer: Skadelike
openbaarmaking van pornografie en
bevele om klaer teen skadelike
uitwerking van openbaarmaking van
pornografie te beskerm
Skadelike
openbaarmaking
van
pornografie
11A. (1) Iemand (‘A’) wat wederregtelik en opsetlik pornografie waarin ’n
persoon (‘B’) verskyn of beskryf word,
openbaar maak of veroorsaak dat dit
openbaar gemaak word, en sodanige
openbaarmaking—
(a) vind plaas sonder B se toestemming;
en
(b) veroorsaak enige leed, met inbegrip
van geestelike, psigologiese, fisieke,
maatskaplike of ekonomiese leed,
aan B of enige lid van B se familie of
enige ander persoon in ’n noue
verwantskap met B,
is skuldig aan die misdryf van skadelike
openbaarmaking van pornografie.
(2) Iemand (‘A’) wat wederregtelik en
opsetlik dreig om pornografie soos bedoel
in subartikel (1) openbaar te maak of dreig
om die openbaarmaking daarvan te
veroorsaak, en sodanige dreigement enige
leed, of sodanige openbaarmaking
redelikerwys verwag kan word om enige
leed, bedoel in subartikel (1)(b) te
veroorsaak, is skuldig aan die misdryf van
dreigement om pornografie openbaar te
maak wat leed sal veroorsaak.
(3) Iemand (‘A’) wat wederregtelik en
opsetlik dreig om pornografie in subartikel
(1) bedoel openbaar te maak of dreig om
die openbaarmaking daarvan te veroorsaak ten einde enige voordeel van B of
enige familielid van B of enige ander
persoon in ’n noue verwantskap met B, te
verkry, is skuldig aan die misdryf van
skadelike openbaarmaking van pornografie verwante afpersing.
Bevele ter beskerming van klaer teen
skadelike openbaarmaking van pornografie beskerm hangende afhandeling
van strafregtelike verrigtinge
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents