STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   109 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 109 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (b) ’n lasgewing in die voorgeskrewe vorm uitreik, wat ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer, wat geglo word in staat te wees om daardie besonderhede te verskaf, gelas om die hof op die voorgeskrewe wyse deur middel van ‘n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm te voorsien van— (i) die elektroniese kommunikasieidentiteitsnommer van waar daardie pornografie afkomstig was; (ii) die naam, van, identiteitsnommer en adres van die persoon aan wie die elektroniese kommunikasieidentiteitsnommer toegeken is; (iii) enige inligting wat aandui dat daardie pornografie vanaf die elektroniese kommunikasieidentiteitsnommer van die persoon na die elektroniese kommunikasieidentiteitsnommer van die applikant gestuur is al dan nie; (iv) enige inligting wat beskikbaar is aan ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat die hof behulpsaam kan wees om die persoon bedoel in artikel 11B(1)(a) of die elektroniese kommunikasiediensverskaffer bedoel in artikel 11B(1)(b), wat ’n diens aan daardie persoon verskaf, te identifiseer; (v) enige inligting wat aan ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer beskikbaar is wat— (aa) bevestig of hul elektroniese kommunikasiediens gebruik word om daardie pornografie te huisves of gebruik was of word om daardie pornografie openbaar te maak al dan nie; of (bb) die hof behulpsaam kan wees om die elektroniese kommunikasiediensverskaffer te identifiseer wie se diens gebruik word om die betrokke pornografie te huisves of gebruik was of word om dit openbaar te maak; of This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents