STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   121 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 121 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (a) verspreiding van kinderpornografie; (b) beskikbaarstelling van kinderpornografie; (c) oorsending van kinderpornografie; (d) te koop aanbieding van kinderpornografie; (e) verkoop van kinderpornografie; (f) aanbieding om kinderpornografie te verkry; (g) verkryging van kinderpornografie; (h) verkryging van toegang tot kinderpornografie; (i) aflaai van kinderpornografie; of (j) besigtiging van kinderpornografie, bystand verleen of dit fasiliteer, is skuldig aan ’n misdryf. (6) Iemand wat wederregtelik en opsetlik ’n finansiële transaksie verwerk of fasiliteer, wetende dat daardie transaksie ’n oortreding van subartikels (1) tot (5) sal fasiliteer, is skuldig aan ’n misdryf.’’; en (iv) artikel 20 word gewysig, deur die volgende subartikels by te voeg: ‘‘(3) Iemand wat wederregtelik en opsetlik ’n regstreekse uitvoering wat kinderpornografie behels— (a) bywoon; (b) besigtig; of (c) daaraan deelneem, is skuldig aan die misdryf van bywoning, besigtiging of deelname aan ’n vertoning wat kinderpornografie behels. (4) Iemand (‘A’) wat wederregtelik en opsetlik ’n klaer of klaagster wat ’n kind is (‘B’), met of sonder die toestemming van B, werf, hetsy vir finansiële of ander beloning, guns of vergoeding aan B of ’n derde persoon (‘C’) al dan nie, ten einde— (a) kinderpornografie te skep, te maak of te vervaardig, is skuldig aan die misdryf van werwing van ’n kind vir kinderpornografie; of (b) deel te neem aan ’n regstreekse uitvoering wat kinderpornografie behels, soos in subartikel (3) beoog, is skuldig aan die misdryf van werwing van ’n kind vir deelname aan ’n regstreekse uitvoering wat kinderpornografie behels.’’. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents