STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   125 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 125 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (d) Iemand of ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat aan ’n misdryf bedoel in artikel 11C(7) skuldig bevind word, is strafbaar by skuldigbevinding met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 2 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf. (e) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer of persoon wat aan ’n misdryf bedoel in artikel 11D(3) of (7) skuldig bevind word, is strafbaar by skuldigbevinding met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 2 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf. (4) Iemand wat die bepalings van artikel 19A(3), (4)(f), (g), (h), (i) of (j), of (5)(f), (g), (h), (i) of (j) oortree, is strafbaar— (a) in die geval van ’n eerste skuldigbevinding, met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 5 jaar of met beide sodanige boete en gevangenisstraf; (b) in die geval van ’n tweede skuldigbevinding, met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 10 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf; of (c) in die geval van ’n derde en daaropvolgende skuldigbevinding, met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 15 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf. (5) Iemand wat die bepalings van artikel 17(7), 19A(1), (2), (4)(a), (b), (c), (d) of (e), (5)(a), (b), (c), (d) of (e) of 20(3) of (4) oortree, is strafbaar— (a) in die geval van ’n eerste skuldigbevinding, met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 10 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf; of (b) in die geval van ’n tweede en daaropvolgende skuldigbevinding, met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 15 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf. (6) Iemand wat die bepalings van artikel 19A(6) oortree, is strafbaar— (a) in die geval van ’n eerste skuldigbevinding, met ’n boete van R1 000 000 of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 5 jaar of met beide daardie boete en gevangenisstraf; of This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents