No. 44651 25
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
25
(2) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 3(1), nie die
misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie, maar
’n oortreding van—
(a) artikel 2(1) of (2);
(b) artikel 3(2) of (3); of
(c) artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of besit van ’n
sagteware- of hardewarenutsmiddel, vir doeleindes van oortreding van artikel
3(1),
bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(3) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 5(1), nie die
misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie,
maar—
(a) ’n oortreding van artikel 2(1) of (2);
(b) ’n oortreding van artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of
besit van ’n sagteware- of hardewarenutsmiddel vir doeleindes van oortreding
van artikel 5(1); of
(c) die misdryf van opsetlike saakbeskadiging,
bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(4) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 6(1), nie die
misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie,
maar—
(a) ’n oortreding van artikel 2(1) of (2);
(b) ’n oortreding van artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of
besit van ’n sagteware- of hardewarenutsmiddel vir die doeleindes van ’n
oortreding van artikel 6(1); of
(c) die misdryf van opsetlike saakbeskadiging,
bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(5) (a) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 7(1)(a) of (d)
nie die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys
nie, maar ’n oortreding van—
(i) artikel 2(1) of (2);
(ii) artikel 7(1)(b) of (c) of (2); of
(iii) artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of besit van ’n sagtewareof hardewarenutsmiddel om ’n wagwoord, toegangskode of soortgelyke data of
toestel te verkry of te gebruik,
bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(b) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 7(1)(b) of (c) nie
die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie,
maar ’n oortreding van artikel 7(2) bewys, kan die skuldige aan die aldus bewese
misdryf skuldig bevind word.
(6) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 8, nie die misdryf
of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie, maar—
(a) ’n oortreding van artikel 2(1) of (2);
(b) ’n oortreding van artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of
besit van ’n sagteware- of hardewarenutsmiddel vir die doeleindes van—
(i) inmenging met data of ’n rekenaarprogram soos in artikel 5(1) beoog; of
(ii) inmenging met ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel
soos in artikel 6(1) bedoel;
(c) ’n oortreding van artikel 7(1) of (2) vir sover die wagwoord, toegangskode of
soortgelyke data of toestelle verkry, besit, aan iemand anders voorsien of
gebruik is vir die doeleindes van oortreding van die bepalings van artikel 8;
(d) ’n oortreding van artikel 9(1) of (2);
(e) die gemeneregmisdryf van bedrog of poging om daardie misdryf te pleeg;
(f) die gemeneregmisdryf van vervalsing of uitgifte of poging om daardie
misdryf te pleeg; of
(g) die gemeneregmisdryf van diefstal of poging om daardie misdryf te pleeg,
bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(7) (a) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 9(1), nie die
misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf, bewys nie,
maar—
(i) die gemeneregmisdryf van vervalsing;
(ii) ’n oortreding van artikel 9(2); of
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
5
10
15
20
25
30
35
40
45
50
55
60
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents