No. 44651   49 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 49 data, rekenaarprogram, rekenaardatabergingsmedium of rekenaarstelsel wat aan ’n deursoeking ingevolge artikel 29(1) gemagtig, onderwerp word, moet, indien dit vereis word— (a) tegniese bystand; en (b) sodanige ander bystand as wat redelikerwys nodig mag wees, 5 aan ’n polisiebeampte of ondersoeker verleen ten einde te deursoek vir, toegang te kry tot of beslag te lê op ’n item. (2) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer, finansiële instelling of persoon wat versuim om aan die bepalings van subartikel (1) te voldoen, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van 10 hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf. Dwarsboming of belemmering van polisiebeampte of ondersoeker en magtiging om weerstand te oorkom 35. (1) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik ’n polisiebeampte of ’n ondersoeker dwarsboom of belemmer in die uitoefening van hul bevoegdhede of die verrigting van hul pligte of werksaamhede ingevolge hierdie Hoofstuk of wat weier of versuim om te voldoen aan ’n deursoekingslasbrief uitgereik ingevolge artikel 29(1), is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en daardie gevangenisstraf. (2) (a) ’n Polisiebeampte wat wettig enige bevoegdheid ingevolge artikel 29(2) aan hulle opgedra, uitvoer, kan sodanige geweld gebruik wat— (i) redelikerwys nodig; en (ii) in verhouding tot al die omstandighede, is, in verband met die uitvoering van daardie bevoegdhede. (b) Geen polisiebeampte mag enige perseel, voertuig, fasiliteit, skip of lugvaartuig betree of deursoek nie tensy hul hoorbaar toelating tot die perseel, voertuig, fasiliteit, skip of lugvaartuig geëis het en die doel van hul betreding bekend gemaak het. (c) Die bepalings van paragraaf (b) is nie van toepassing nie waar die polisiebeampte, op redelike gronde, van oordeel is dat ’n item ten opsigte waarvan die deursoeking geskied, vernietig, weggedoen of mee gepeuter kan word indien die bepalings van paragraaf (b) nagekom word. 15 20 25 30 Bevoegdhede aan polisiebeampte of ondersoeker opgedra moet op welvoeglike en ordelike wyse uitgevoer word met behoorlike inagneming van regte van ander persone 35 36. (1) Die bevoegdhede aan ’n polisiebeampte of ’n ondersoeker opgedra ingevolge artikel 29(2), 31, 32 of 33, moet uitgevoer word— (a) met streng behoud van welvoeglikheid en orde; en (b) met behoorlike inagneming van die regte, verantwoordelikhede en regmatige belange van ander persone in verhouding tot die erns van die misdryf. 40 (2) Indien ’n vrou ingevolge artikel 29(2)(a), (c) of (d), 32 of 33, fisiek deursoek moet word, moet daardie deursoeking deur ’n polisiebeampte wat ook ’n vrou is, gedoen word: Met dien verstande dat indien geen vroulike polisiebeampte beskikbaar is nie, die deursoeking deur enige vrou vir daardie doel deur ’n polisiebeampte aangewys, gedoen moet word. 45 Wederregtelike deursoeking, toegang of beslaglegging en beperking op gebruik van instrument, toestel, wagwoord of dekripteringsleutel of inligting om toegang te kry 37. (1) ’n Polisiebeampte of ’n ondersoeker wat wederregtelik en opsetlik— 50 (a) strydig optree met die magtiging van— (i) ’n deursoekingslasbrief kragtens artikel 29(1) uitgereik; of (ii) toestemming ingevolge artikel 31(1) gegee; of (b) sonder om gemagtig te wees kragtens hierdie Hoofstuk of die bepaling van enige ander wet wat soortgelyke bevoegdhede aan ’n polisiebeampte of ’n ondersoeker verleen— 55 (i) deursoek vir, toegang kry tot of beslag lê op data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van van ’n rekenaarstelsel; of This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents