No. 44651   53 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 53 (2) Waar ’n persoon aan ’n misdryf bedoel in subartikel (1) skuldig bevind word, kan die hof wat daardie persoon skuldig bevind, op aansoek van enige persoon wat skade gely het of op die aansoek van die aanklaer wat in opdrag van daardie persoon optree, vergoeding ten opsigte van daardie skade toeken, waarop die bepalings van artikel 300 van die Strafproseswet, 1977, met die nodige veranderinge deur die samehang vereis, op daardie toekenning van toepassing is. 5 Verbod op openbaarmaking van inligting 39. (1) Geen persoon, ondersoeker, polisiebeampte, elektroniese kommunikasiediensverskaffer, finansiële instelling of ’n werknemer van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling mag, behoudens subartikel (2), enige inligting wat hulle in die uitoefening van hul bevoegdhede of die verrigting van hul pligte ingevolge Hoofstuk 4 of 5 van hierdie Wet verkry het openbaar maak nie, behalwe— (a) aan enige ander persoon wat dit uit noodsaak vereis vir die verrigting van hul werksaamhede ingevolge hierdie Wet; (b) indien hul ’n persoon is wat daardie inligting uit noodsaak verskaf in die verrigting van hul pligte en werksaamhede ingevolge hierdie Wet; (c) indien dit inligting is wat ingevolge enige wet as getuienis in enige geregshof benodig word; (d) indien dit inligtingdeling tussen elektroniese kommunikasiediensverskaffers, finansiële instellings, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, bevoegde owerhede of enige ander persoon of entiteit daarstel wat op die voorkoming, bespeuring, ondersoek of mitigasie van kubermisdaad gemik is: Met dien verstande dat sodanige inligtingdeling geen strafregtelike ondersoek of strafregtelike verrigtinge mag benadeel nie; of (e) aan enige bevoegde owerheid in ’n vreemde Staat wat dit benodig vir die voorkoming, bespeuring of mitigasie van kubermisdaad, of die instelling van strafregtelike verrigtinge of ’n ondersoek met die oog op die instelling van strafregtelike verrigtinge. (2) Die verbod op openbaarmaking van inligting in subartikel (1) beoog, is nie van toepassing nie waar die openbaarmaking— (a) ingevolge hierdie Wet of enige ander Parlementswet gemagtig is; of (b) ’n kriminele aktiwiteit onthul. (3) ’n Persoon, ondersoeker, polisiebeampte, elektroniese kommunikasiediensverskaffer, finansiële instelling of ’n werknemer van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling wat wederregtelik en opsetlik die bepalings van subartikel (1) oortree, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens drie jaar of met beide ’n boete en daardie gevangenisstraf. 10 15 20 25 30 35 Onderskepping van onregstreekse kommunikasie en verkryging van intydse 40 kommunikasie-verwante inligting 40. (1) Die onderskepping van ’n onregstreekse kommunikasie soos omskryf in artikel 1 van die Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002, moet plaasvind ingevolge ’n lasgewing uitgereik ingevolge artikel 16(4) of 18(3) van daardie Wet en moet, 45 behoudens subartikel (4), verder hanteer word op die wyse waarvoor daardie Wet voorsiening maak. (2) Die verkryging van intydse kommunikasie-verwante inligting soos omskryf in artikel 1 van die Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002, op ’n deurlopende 50 grondslag, soos dit beskikbaar word, moet plaasvind ingevolge ’n lasgewing uitgereik ingevolge artikel 17(3) of 18(3) van daardie Wet, en moet, behoudens subartikel (4), verder hanteer word op die wyse waarvoor daardie Wet voorsiening maak. (3) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat— (a) ingevolge artikel 30(1)(b) van die Wet op die Reëling van Onderskepping van 55 Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002, ’n elektroniese kommunikasiediens moet voorsien wat die vermoë het om kommunikasie-verwante inligting te bewaar; en This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents