No. 44651   71 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 71 aansoek doen om ’n wysiging of die kansellasie van die betrokke bevel op grond daarvan dat hulle nie tydig of op ’n redelike wyse aan die bevel kan voldoen nie. (3) Die aangewese regter by wie ’n aansoek ingevolge subartikel (2) gedoen is, moet, so gou moontlik ná ontvangs daarvan— (a) die aansoek oorweeg en kan, vir hierdie doel, beveel dat mondelinge of 5 skriftelike getuienis aangebied word aangaande enige feit in die aansoek beweer; (b) ’n beslissing gee ten opsigte van die aansoek; en (c) indien die aansoek suksesvol is, die Nasionale Direkteur van Openbare 10 Vervolgings verwittig van die uitslag van die aansoek. (4) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling wat— (a) versuim om aan ’n bevel bedoel in artikel 48(6) te voldoen; of (b) ’n vals verklaring maak in ’n aansoek in subartikel (2) bedoel, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of 15 gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf. Verwittiging van vreemde Staat van uitslag van versoek om onderlinge bystand en bespoedigde openbaarmaking van verkeersdata 50. (1) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet— (a) die aangewese regter; en (b) die toepaslike owerheid in ’n vreemde Staat, inlig van die uitkoms van die versoek om bystand en samewerking. (2) Enige verkeersdata wat ingevolge ’n bevel bedoel in artikel 48(6)(c) beskikbaar gestel word, moet— (a) op die voorgeskrewe wyse aan die aangewese Kontakpunt verskaf word vir voorlegging aan die toepaslike owerheid in ’n vreemde Staat; en (b) vergesel gaan van— (i) ’n afskrif van die bevel in artikel 48(6) bedoel; en (ii) ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm deur die persoon of gemagtigde verteenwoordiger van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling, wat die egtheid, integriteit en betroubaarheid van die inligting wat voorsien word, bevestig. (3) Die verkeersdata, tesame met die afskrif van die bevel en beëdigde verklaring in subartikel (2) bedoel, moet aan die toepaslike owerheid wat regsbevoegdheid uitoefen in ’n vreemde Staat wat die bystand ingevolge artikel 48(1) aangevra het, voorsien word. (4) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling wat— (a) versuim om aan subartikel (2) of enige regulasies beoog in artikel 59(1)(a)(xxii) te voldoen; of (b) ’n vals verklaring maak in ’n beëdigde verklaring in subartikel (2)(b)(ii) bedoel, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf. 20 25 30 35 40 45 Uitreiking van lasgewing om onderlinge bystand van vreemde Staat te versoek 51. (1) Indien dit vir ’n landdros uit inligting onder eed of by wyse van plegtige verklaring blyk dat daar redelike gronde is om te vermoed dat— (a) ’n misdryf beoog in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2; of (b) enige ander misdryf ingevolge die wette van die Republiek, wat gepleeg kan 50 word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n item, gepleeg is of dat dit nodig is om vas te stel of die misdryf aldus gepleeg is en dat dit nodig is— (i) hangende die uitreiking van ’n versoekbrief ingevolge artikel 2(2) van die Wet op Internasionale Samewerking in Strafregtelike Aangeleenthede, 1996, om— 55 (aa) data of ander items te bewaar; (bb) op ’n bespoedigde grondslag op data of ander items beslag te lê; This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents