No. 44651   73 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 73 (cc) intydse kommunikasie-verwante inligting of argief-bewaarde kommunikasie-verwante inligting te verkry; of (dd) onregstreekse kommunikasies te onderskep; of (ii) om verkeersdata te verkry, binne die regsgebied van ’n vreemde Staat, kan die landdros ’n lasgewing in die voorgeskrewe vorm uitreik waarin bystand van daardie vreemde Staat versoek word soos in die lasgewing uiteengesit word. (2) ’n Lasgewing in subartikel (1) bedoel, moet spesifiseer dat— (a) daar redelike gronde is om te glo dat ’n misdryf in subartikel (1)(a) of (b) in die Republiek gepleeg is of dat dit nodig is om vas te stel of so ’n misdryf gepleeg is; (b) ’n ondersoek ten opsigte daarvan onderneem word; en (c) dit vir die doeleindes van die ondersoek, in die belang van geregtigheid, nodig is dat— (i) data of ander items in die lasgewing gespesifiseer, bewaar word; (ii) data of enige ander item in die lasgewing gespesifiseer, op ’n bespoedigde grondslag op beslag gelê en bewaar moet word; (iii) verkeersdata, in die lasgewing gespesifiseer, op ’n bespoedigde grondslag openbaargemaak moet word; (iv) intydse kommunikasie-verwante inligting of argief-bewaarde kommunikasie-verwante inligting in die lasgewing gespesifiseer, verkry en bewaar moet word; of (v) onregstreekse kommunikasie in die lasgewing gespesifiseer, onderskep en bewaar moet word, binne die regsgebied van ’n vreemde Staat. (3) Die lasgewing moet aan die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings gestuur word vir oorsending aan— (a) die gepaste owerheid in die vreemde Staat; of (b) ’n aangewese Kontakpunt in die vreemde Staat, waarvan bystand en samewerking versoek word. 5 10 15 20 25 30 HOOFSTUK 6 AANGEWESE KONTAKPUNT Instelling en werksaamhede van aangewese Kontakpunt 52. (1) Die Nasionale Kommissaris moet— (a) ’n kantoor instel of aanwys binne die bestaande strukture van die SuidAfrikaanse Polisiediens, wat as die aangewese Kontakpunt vir die Republiek bekend sal staan; en (b) die aangewese Kontakpunt toerus, bedryf en in stand hou. (2) Die Nasionale Kommissaris oefen finale verantwoordelikheid oor die administrasie en funksionering van die aangewese Kontakpunt uit. (3) (a) Die aangewese Kontakpunt moet die voorsiening van onmiddellike bystand verseker vir die doeleindes van verrigtinge of ondersoeke rakende die pleging of voorgenome pleging van— (i) ’n misdryf kragtens Deel I of Deel II van Hoofstuk 2; (ii) enige ander misdryf ingevolge die wette van die Republiek, wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van,’n item; of (iii) ’n misdryf— (aa) soortgelyk aan dié in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog; of (bb) wesenlik soortgelyk aan ’n misdryf in die Republiek erken, wat gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n item, in ’n vreemde Staat. (b) Die bystand beoog in subartikel (3)(a) sluit in— (i) die voorsiening van tegniese advies en bystand; (ii) die fasilitering of voorsiening van bystand aangaande enigiets wat kragtens Hoofstukke 4 en 5 gemagtig is; (iii) die voorsiening van regsbystand; (iv) die identifikasie en opsporing van ’n item; This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 35 40 45 50 55

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents