No. 44651 75
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
75
(v) die identifikasie en opsporing van ’n verdagte; en
(vi) samewerking met toepaslike owerhede van ’n vreemde Staat.
(4) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring kan regulasies uitvaardig om
verder—
(a) enige aspek waarvoor in subartikel (3) voorsiening gemaak word, te reël;
(b) bykomende pligte aan die aangewese Kontakpunt op te lê; en
(c) enige aspek wat noodsaaklik of raadsaam is vir die behoorlike implementering van hierdie artikel, te reël.
(5) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet lede van die Nasionale
Vervolgingsgesag beskikbaar stel—
(a) wat bepaalde kennis en vaardighede het ten opsigte van enige aspek wat in
hierdie Wet hanteer word; en
(b) aan wie ’n sekerheidsklaring deur die Staatsveiligheidsagentskap ingevolge
artikel 2A van die Wet op Nasionale Strategiese Intelligensie, 1994, uitgereik
is, tot die tevredenheid van die Nasionale Direkteur van Openbare
Vervolgings,
om regshulp aan die aangewese Kontakpunt te voorsien soos noodsaaklik of raadsaam
mag wees vir die doeltreffende bedryf van die aangewese Kontakpunt.
(6) (a) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring moet, aan die einde van elke
boekjaar, ’n verslag aan die Voorsitter van die Gesamentlike Staande Komitee oor
Intelligensie ingestel by artikel 2 van die Wet op Toesig oor Intelligensiedienste, 1994,
voorlê oor die werksaamhede en aktiwiteite van die aangewese Kontakpunt.
(b) Die verslag in paragraaf (a) beoog, moet insluit—
(i) die getal aangeleenthede waar bystand ingevolge subartikel (3)(a) aan ’n
vreemde Staat voorsien is; en
(ii) die getal aangeleenthede waar bystand van ’n vreemde Staat ontvang is.
5
10
15
20
25
HOOFSTUK 7
GETUIENIS
Bewys van sekere feite deur beëdigde verklaring
53. (1) Wanneer enige feit vasgestel deur enige ondersoek of proses wat enige
vaardigheid vereis in—
(a) die vertolking van data;
(b) die ontwerp of funksionering van data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel;
(c) rekenaarwetenskap;
(d) elektroniese kommunikasienetwerke en tegnologie;
(e) sagteware-ingenieurswese; of
(f) rekenaarprogrammering,
tersaaklik is of kan word tot ’n aangeleentheid by strafregtelike verrigtinge of siviele
verrigtinge soos in Hoofstuk 5 of 6 van die Wet op Voorkoming van Georganiseerde
Misdaad, 1998, beoog, is ’n dokument wat voorgee om ’n beëdigde verklaring of
plegtige of geattesteerde verklaring te wees soos afgelê deur ’n persoon wat, in daardie
dokument, stel dat hulle—
(i) (aa) in ’n kategorie van persone in die Republiek val; of
(bb) in die diens staan van ’n liggaam in die Republiek of ’n vreemde Staat,
deur die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging by kennisgewing in die
Staatskoerant aangewys;
(ii) tersaaklike kwalifikasies, kundigheid en ervaring het wat hulle bevoeg maak om
die beëdigde verklaring af te lê; en
(iii) daardie feit met behulp van ’n ondersoek of proses wat in die dokument
gedokumenteer is, vasgestel het,
is by die blote voorlegging daarvan by sodanige verrigtinge, prima facie bewys van
sodanige feit.
(2) Enige persoon wat kragtens subartikel (1) ’n beëdigde verklaring of plegtige of
geattesteerde verklaring aflê en wat in sodanige beëdigde verklaring of plegtige of
geattesteerde verklaring opsetlik enigiets stel wat vals is, is skuldig aan ’n misdryf en is
by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van
hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
30
35
40
45
50
55
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents