No. 44651   77 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 77 (3) Die hof voor wie ’n beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring voorgelê word as prima facie-bewys van die tersaaklike inhoud daarvan kan, na goeddunke, die persoon wat die beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring afgelê het, laat dagvaar om mondelinge getuienis in die betrokke verrigtinge af te lê of kan skriftelike vraagpunte vir beantwoording aan sodanige persoon laat voorlê en sodanige vraagpunte en enige antwoord daarop wat voorgee om ’n antwoord van sodanige persoon te wees, is insgelyks as getuienis by sodanige verrigtinge toelaatbaar. (4) Geen bepaling van hierdie artikel maak inbreuk op enige ander wetsbepaling waarkragtens enige sertifikaat of ander dokument as getuienis toelaatbaar is nie, en die bepalings van hierdie artikel word geag so ’n wetsbepaling aan te vul en nie te vervang nie. (5) (a) By die toepassing van subartikel (1), is ’n dokument wat voorgee om ’n beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring afgelê deur ’n persoon wat in daardie beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring beweer dat hulle in die diens staan van ’n liggaam in die Republiek of ’n vreemde Staat aangewys deur die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging by kennisgewing in die Staatskoerant, van nul en gener waarde tensy dit— (i) ingevolge ’n bevel van ’n bevoegde hof of op gesag van ’n regeringsinstelling van die betrokke vreemde Staat, na gelang van die geval, verkry is; en (ii) gewaarmerk is— (aa) op die wyse voorgeskryf in die hofreëls vir die waarmerking van dokumente wat buite die Republiek verly is; of (bb) deur ’n persoon, en op die wyse beoog in artikel 7 of 8 van die Wet op Vrederegters en Kommissarisse van Ede, 1963. (b) Die toelaatbaarheid en bewyswaarde van ’n beëdigde verklaring in paragraaf (a) bedoel, word nie geraak deur die feit dat die vorm van die eed, bevestiging of attestasie daarvan verskil van die vorm van die eed, bevestiging of attestasie wat in die Republiek voorgeskryf word nie. (c) ’n Hof voor wie’n beëdigde verklaring of ’n plegtige of geattesteerde verklaring in paragraaf (a) beoog, voorgelê word, kan ten einde enige onduidelikhede in die bedoelde beëdigde verklaring op te klaar, beveel dat ’n aanvullende beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring voorgelê word of dat mondelinge getuienis aangehoor word: Met dien verstande dat mondelinge getuienis slegs aangehoor kan word indien die hof van oordeel is dat dit in die belang van die regspleging is en dat ’n party tot die verrigtinge wesenlik benadeel sal word indien mondelinge getuienis nie aangehoor word nie. 5 10 15 20 25 30 35 HOOFSTUK 8 RAPPORTERINGSVERPLIGTINGE EN KAPASITEITSBOU Verpligtinge van elektroniese kommunikasiediensverskaffers en finansiële 40 instellings 54. (1) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling wat bewus is van of bewus word daarvan dat sy elektroniese kommunikasiediens of elektroniese kommunikasienetwerk betrokke is by die pleging van enige kategorie of klas misdrywe waarvoor in Deel I van Hoofstuk 2 voorsiening gemaak en wat ingevolge subartikel (2) bepaal word, moet— 45 (a) sonder onnodige vertraging en, waar moontlik, nie later nie as 72 uur ná bewuswording van die misdryf, die misdryf op die voorgeskrewe vorm en wyse by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanmeld; en (b) enige inligting bewaar wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die ondersoek 50 van die misdryf behulpsaam kan wees. (2) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring, in oorleg met die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging, moet— (a) die kategorie of klas van misdrywe wat ingevolge subartikel (1) by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld moet word; en (b) die vorm en wyse waarop ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer of 55 finansiële instelling misdrywe by die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet aanmeld, by kennisgewing in die Staatskoerant voorskryf. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents