No. 44651   83 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 83 (xiii) vorm en wyse van die aansoek soos in artikel 22(5) beoog; (xiv) vorm en wyse waarop die hof ’n persoon kan dagvaar soos in artikel 22(7) beoog; (xv) vorm van die lasgewing vir bespoedigde bewaring van data en wyse van betekening soos in artikel 41(3) beoog; (xvi) vorm en wyse waarop ’n aansoek soos beoog in artikel 41(7) gedoen moet word; (xvii) vorm van die lasgewing vir bewaring van getuienis en wyse van betekening soos in artikel 42(2) beoog; (xviii) vorm en wyse waarop ’n aansoek om tersydestelling van ’n lasgewing vir bewaring van getuienis gedoen moet word, soos in artikel 42(5) beoog; (xix) vorm van die lasgewing vir openbaarmaking van data en wyse van betekening soos in artikel 44(3) beoog; (xx) vorm en wyse waarop ’n aansoek om die wysiging of tersydestelling van ’n lasgewing vir die openbaarmaking van data gedoen moet word soos in artikel 44(5) beoog; (xxi) vorm van die beëdigde verklaring soos in artikel 44(7)(b) beoog; (xxii) wyse waarop verkeersdata aan die aangewese Kontakpunt verskaf moet word soos in artikel 50(2) beoog; (xxiii) vorm van die beëdigde verklaring soos in artikel 50(2)(b)(ii) beoog; en (xxiv) vorm van die lasgewing soos in artikel 51(1) beoog, voor te skryf; en (b) kan regulasies uitvaardig wat nie met hierdie Wet of enige ander wetsbepaling onbestaanbaar is nie, om enige aangeleentheid voor te skryf wat ingevolge hierdie Wet voorgeskryf kan word of wat nodig of dienstig kan wees om voor te skryf ten einde die oogmerke van hierdie Wet te bereik of te bevorder. (2) (a) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring moet regulasies ingevolge artikel 54(2) uitvaardig, wat die— (i) kategorie of klas van misdrywe wat by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld moet word ingevolge artikel 54(2)(a); en (ii) vorm en wyse waarop ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling misdrywe by die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet aanmeld soos in artikel 54(2)(b) beoog, voorskryf. (b) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring kan regulasies uitvaardig om aspekte in artikel 52(4) en 55(2) beoog, verder te reël. 5 10 15 20 25 30 35 Kort titel en inwerkingtreding 60. (1) Hierdie Wet heet die Wet op Kubermisdade, 2020, en tree in werking op ’n datum deur die President by proklamasie in die Staatskoerant vasgestel. (2) Verskillende datums kan kragtens subartikel (1) ten opsigte van verskillende 40 bepalings van hierdie Wet vasgestel word. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents