STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
85
Bylae
(Artikel 58)
WETTE HERROEP OF GEWYSIG
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
Wet No. 51
van 1977
Strafproseswet,
1977
Wet No. 68
van 1995
Wet op SuidAfrikaanse
Polisiediens, 1995
Wet op Films en
Publikasies, 1996
Die volgende items word by Bylae 5 gevoeg:
‘‘’n Oortreding van artikel 8, 9 of 10 van
die Wet op Kubermisdade, 2020—
(a) waarby bedrae van meer as
R500 000,00 betrokke is;
(b) waarby bedrae van meer as
R100 000,00 betrokke is, indien
bewys word dat die misdryf gepleeg
is—
(i) deur ’n persoon, groep persone,
sindikaat of enige onderneming
handelende in die uitvoering of
bevordering van ’n gemeenskaplike doel of sameswering; of
(ii) deur ’n persoon of met die
sameswering of bystand van
iemand anders, wat as deel van
sy of haar pligte, werksaamhede
of wettige magtiging, toesig
gehad het oor, in beheer was
van, of toegang gehad het tot
data, ’n rekenaarprogram, ’n
rekenaardatabergingsmedium of
’n rekenaarstelsel van ’n ander
persoon ten opsigte waarvan die
betrokke misdryf gepleeg is; of
(c) indien bewys word dat die misdryf
deur enige wetstoepassingsbeampte
gepleeg is—
(i) waarby bedrae van meer as
R10 000 betrokke is; of
(ii) as ’n lid van ’n groep persone,
sindikaat of enige onderneming
handelende in die uitvoering of
ter bevordering van ’n gemeenskaplike doel of sameswering;
of
(iii) met die sameswering of bystand
van iemand anders, wat as deel
van sy of haar pligte, werksaamhede of wettige magtiging toesig
gehad het oor, in beheer was
van, of toegang gehad het tot
data, ’n rekenaarprogram, ’n
rekenaardatabergingsmedium of
’n rekenaarstelsel van iemand
anders ten opsigte waarvan die
betrokke misdryf gepleeg is.
’n Oortreding van artikel 11(2) van die Wet op
Kubermisdade, 2020.’’.
Artikel 71 word geskrap.
Wet No. 65
van 1996
No. 44651 85
Artikel 24B word geskrap.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents