STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
No. 44651 87
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
87
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
Wet No. 105
van 1997
Strafregwysigingswet, 1997
Wet No. 32
van 1998
Die volgende item word by Deel II van Bylae 2
gevoeg:
‘‘’n Oortreding van artikel 8, 9 of 10 van
die Wet op Kubermisdade, 2020—
(a) waarby bedrae van meer as
R500 000,00 betrokke is;
(b) waarby bedrae van meer as
R100 000,00 betrokke is, indien
bewys word dat die misdryf gepleeg
is—
(i) deur ’n persoon, groep persone,
sindikaat of enige onderneming
handelende in die uitvoering of
bevordering van ’n gemeenskaplike doel of sameswering;
of
(ii) deur ’n persoon of met die
sameswering of bystand van
iemand anders, wat as deel van
sy of haar pligte, werksaamhede
of wettige magtiging toesig
gehad het oor, in beheer was van
of toegang gehad het tot data, ’n
rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingmedium of ’n rekenaarstelsel van iemand anders
ten opsigte waarvan die
betrokke misdryf gepleeg is; of
(c) indien bewys word dat die misdryf
deur enige wetstoepassingsbeampte
gepleeg is—
(i) waarby bedrae van meer as
R10 000,00 betrokke is; of
(ii) as ’n lid van ’n groep persone,
sindikaat of enige onderneming
handelende in die uitvoering of
ter bevordering van ’n gemeenskaplike doel of sameswering;
of
(iii) met die sameswering of bystand
van iemand anders, wat as deel
van sy of haar pligte, werksaamhede of wettige magtiging toesig
gehad het oor, in beheer was van
of toegang gehad het tot data, ’n
rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel van iemand anders
ten opsigte waarvan die
betrokke misdryf gepleeg is.’’.
Artikels 40A en 41(4) word geskrap.
Wet op die
Nasionale
Vervolgingsgesag,
1998
Wet op Korrektiewe Artikel 128 word geskrap.
Dienste, 1998
Wet op Finansiële
Artikels 65, 66 en 67 word geskrap.
Intelligensiesentrum,
2001
Wet No. 111
van 1998
Wet No. 38
van 2001
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents