STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
No. 44651 97
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
97
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
(iii) deur die volgende item ná item 19 in
te voeg:
‘‘19A. Misdrywe in verband met
kinderpornografie’’.
(b) Artikel 1 word gewysig—
(i) deur die volgende omskrywings ná
die omskrywing van ‘‘Direkteur van
Openbare Vervolgings’’ in te voeg:
‘‘ ‘elektroniese
kommunikasiediens’ enige diens wat in die geheel
of hoofsaaklik bestaan uit die
oordrag, op enige wyse, van elektroniese kommunikasies oor ’n
elektroniese kommunikasienetwerk,
met uitsondering van uitsaaidienste
soos omskryf in artikel 1 van die Wet
op Elektroniese Kommunikasie,
2005;
‘elektroniese kommunikasiediensverskaffer’—
(a) enige persoon wat ’n elektroniese kommunikasiediens verskaf aan die publiek, dele van
die publiek, die Staat, of die
intekenaars tot sodanige diens,
kragtens en ooreenkomstig ’n
elektroniese
kommunikasiedienslisensie
aan
daardie
persoon uitgereik ingevolge die
Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005, of wat geag word
gelisensieer of vrygestel van
lisensiëring as sodanig te wees
ingevolge daardie Wet; en
(b) ’n
persoon
wat
wettige
magtiging het om die bedryf of
gebruik van ’n private elektroniese
kommunikasiediensnetwerk te beheer wat
hoofsaaklik gebruik word vir
voorsiening van elektroniese
kommunikasiedienste vir die
eienaar se eie gebruik en wat
van lisensiëring vrygestel is
ingevolge die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005;
‘elektroniese kommunikasie-identiteitsnommer’ ’n tegniese identifikasie-etiket wat die oorsprong of
bestemming
van
elektroniese
kommunikasieverkeer
verteenwoordig;
‘elektroniese
kommunikasienetwerk’ ’n ‘elektroniese kommunikasienetwerk’ soos omskryf in artikel
1 van die Wet op Elektroniese
Kommunikasie, 2005, en sluit ’n
rekenaarstelsel in;’’.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents