No. 44651   29 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 29 (c) die mate waartoe die persoon finansieel voordeel getrek het of enige guns, voordeel, beloning, vergoeding of enige ander voordeel uit die pleging van die misdryf gekry het; of (d) die feit dat die misdryf in samewerking met een of meer persone gepleeg is, as verswarende omstandighede in ag neem. 5 (6) (a) Indien ’n persoon aan enige misdryf in artikel 2(1) of (2), 3(1), 5(1), 6(1), 7(1), 8, 9(1) of (2), 10 of 11(1) of (2) skuldig bevind is, moet ’n hof wat enige vonnis ingevolge daardie artikels oplê, tensy wesenlike en dwingende omstandighede die oplegging van ’n ander vonnis regverdig, ’n tydperk van direkte gevangenisstraf, met of sonder ’n boete, oplê waar die misdryf— 10 (i) deur die persoon; of (ii) met die samespanning of bystand van ’n ander persoon, gepleeg is, wat as deel van hul pligte, werksaamhede of wettige magtiging verantwoordelik was vir, in beheer was van, of toegang gehad het tot data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel behorende aan 15 ’n ander persoon ten opsigte waarvan die betrokke misdryf gepleeg was. (b) ’n Vonnis opgelê ingevolge paragraaf (a), mag nie opgeskort word soos in artikel 297(4) van die Strafproseswet, 1977, beoog nie. (7) Enige persoon wat die bepalings van artikel 14, 15 of 16 oortree is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van 20 hoogstens drie jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf. DEEL VI: BEVELE TER BESKERMING VAN KLAERS TEEN DIE SKADELIKE UITWERKING VAN KWAADWILLIGE KOMMUNIKASIES Bevel ter beskerming van klaer hangende afhandeling van strafregtelike verrigtinge 25 20. (1) ’n Klaer (hierna die applikant genoem) wat ’n klag by die Suid-Afrikaanse Polisiediens indien dat ’n misdryf in artikel 14, 15 of 16 beoog na bewering teen hulle gepleeg is, kan op ’n ex parte-grondslag op die voorgeskrewe vorm of wyse, by ’n landdroshof aansoek doen om ’n beskermingsbevel hangende die afhandeling van die strafregtelike verrigtinge om— (a) enige persoon te belet om die databoodskap wat met die klag verband hou, openbaar te maak of verder openbaar te maak; of (b) ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wie se elektroniese kommunikasiediens gebruik word om die databoodskap wat met die klag verband hou, te huisves of openbaar te maak, te beveel om die betrokke databoodskap te verwyder of toegang daartoe te deaktiveer. (2) Die hof moet ’n aansoek ingevolge subartikel (1) aan die hof voorgelê, so gou as redelik moontlik oorweeg en kan vir daardie doel enige bykomende getuienis wat die hof gepas ag, oorweeg, met inbegrip van mondelinge getuienis of getuienis by wyse van beëdigde verklaring, wat deel van die oorkonde van die verrigtinge moet uitmaak. (3) Indien die hof oortuig is dat daar— (a) prima facie-getuienis is dat ’n misdryf bedoel in artikel 14, 15 of 16 na bewering teen die applikant gepleeg is; en (b) redelike gronde is om te glo dat ’n persoon in subaritkel (1)(a) bedoel die betrokke databoodskap openbaar gemaak het; of (c) redelike gronde is om te glo dat die elektroniese kommunikasiediens van die elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel, gebruik word om daardie databoodskap te huisves of gebruik was of word om daardie boodskap openbaar te maak, kan die hof, onderworpe aan sodanige voorwaardes wat die hof gepas ag, die bevel bedoel in subartikel (1) in die voorgeskrewe vorm uitreik. (4) Die bevel in subartikel (3) bedoel, moet aan die persoon in subartikel (1)(a) of elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel, op die voorgeskrewe wyse beteken word: Met dien verstande dat, indien die hof oortuig is dat die bevel nie op die voorgeskrewe wyse beteken kan word nie, die hof ’n bevel kan gee wat betekening in die vorm of op die wyse in daardie bevel gespesifiseer, toelaat. (5) ’n Bevel in subartikel (3) bedoel, is van krag vanaf die oomblik dat dit deur die hof uitgereik word en die bestaan daarvan onder die aandag van die persoon in subartikel (1)(a) of elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel, gebring is. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 30 35 40 45 50 55 60

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents