No. 44651   33 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 33 in artikel 20(1)(a) of die elektroniese kommunikasiediensverskaffer bedoel in artikel 20(1)(b), wat ’n diens aan daardie persoon verskaf, te identifiseer; (v) enige inligting wat aan ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer beskikbaar is wat— (aa) bevestig of hul elektroniese kommunikasiediens gebruik word om die betrokke databoodskap te huisves of gebruik was of word om dit openbaar te maak al dan nie; of (bb) die hof behulpsaam kan wees om die elektroniese kommunikasiediensverskaffer te identifiseer wie se diens gebruik word om die betrokke databoodskap te huisves of gebruik was of word om dit openbaar te maak; of (vi) ’n assessering of die elektroniese kommunikasiediensverskaffer in ’n posisie is, al dan nie, om— (aa) die databoodskap of ’n skakel na daardie databoodskap te verwyder; of (bb) toegang tot die databoodskap of ’n skakel tot daardie databoodskap te deaktiveer. (2) Indien die hof ’n lasgewing ingevolge subartikel (1)(b) uitreik, moet die hof gelas dat die lasgewing op die voorgeskrewe wyse aan die elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken word: Met dien verstande dat indien die hof oortuig is dat die lasgewing nie op die voorgeskrewe wyse beteken kan word nie, die hof ’n bevel kan gee wat betekening in die vorm of op die wyse in daardie bevel gespesifiseer, toelaat. (3) (a) Die inligting in subartikel (1)(b) bedoel, moet binne vyf gewone hofdae vanaf die tyd waarop die lasgewing aan ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken is, aan die hof verskaf word. (b) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer aan wie ’n lasgewing beteken is, kan op die voorgeskrewe wyse en deur middel van ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm by die hof aansoek doen om— (i) ’n verlenging van die tydperk van vyf gewone hofdae in paragraaf (a) bedoel vir ’n verdere tydperk van vyf gewone hofdae op grond daarvan dat die inligting nie tydig voorsien kan word nie; of (ii) die kansellasie van die lasgewing op gronde daarvan dat— (aa) hulle nie ’n elektroniese kommunikasiediens aan die applikant of die persoon bedoel in artikel 20(1)(a), lewer nie; (bb) die inligting wat aangevra is, nie in die rekords van die elektroniese kommunikasiediensverskaffer beskikbaar is nie; of (cc) hul diens nie gebruik word om die betrokke databoodskap te huisves nie of gebruik was of word om dit openbaar te maak nie. (4) Ná ontvangs van ’n aansoek ingevolge subartikel (3)(b)— (a) moet die hof die aansoek oorweeg; (b) kan die hof, op die voorgeskrewe wyse, sodanige bykomende getuienis versoek by wyse van ’n beëdigde verklaring van die elektroniese kommunikasiediensverskaffer soos wat die hof goeddink; (c) moet die hof daaroor beslis; en (d) moet die hof die elektroniese kommunikasiediensverskaffer op die voorgeskrewe vorm en wyse van die uitslag van die aansoek verwittig. (5) (a) Die hof kan, by ontvangs van ’n beëdigde verklaring van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat die inligting bedoel in subartikel (1)(b), bevat, die uitreiking van ’n beskermingsbevel ingevolge artikel 20(3) teen die persoon of elektroniese kommunikasiediensverskaffer oorweeg op die datum waartoe die verrigtinge verdaag is. (b) Enige inligting wat ingevolge subartikel (1)(b) aan die hof verskaf is, maak deel uit van die getuienis wat ’n hof ingevolge artikel 20(3) kan oorweeg. (6) Die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging kan, by kennisgewing in die Staatskoerant, redelike tariewe voorskryf vir vergoeding betaalbaar aan elektroniese kommunikasiediensverskaffers vir die verskaffing van die inligting in subartikel (1)(b) bedoel. (7) Enige elektroniese kommunikasiediensverskaffer of werknemer van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat— (a) versuim om die vereiste inligting binne vyf gewone hofdae vandat die lasgewing aan sodanige elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents