No. 44651   39 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 39 (ii) ’n beperkte rekenaarstelsel in artikel 11(1)(b) beoog; (iii) ’n maatskappy, as sodanig ingelyf of geregistreer kragtens enige wet, in die Republiek; (iv) enige liggaam persone, ingelyf of oningelyf, in die Republiek; of (v) ’n regeringsfasiliteit van die Republiek, met inbegrip van ’n ambassade of ander diplomatieke of konsulêre perseel, of enige ander perseel van die Republiek; of (g) die getuienis enige ander grondslag deur die reg erken, openbaar, ingevolge waarvan die hof jurisdiksie kan vestig om die misdryf te verhoor. (2) Enige handeling wat na bewering ’n misdryf ingevolge Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 daarstel en wat buite die Republiek gepleeg is deur ’n persoon, behalwe ’n persoon in subartikel (1) beoog, moet, ongeag of die handeling by die plek waar dit gepleeg is ’n misdryf daarstel, al dan nie, geag word in die Republiek gepleeg te wees indien— (a) daardie persoon aan die Republiek uitgelewer word; of (b) daardie persoon— (i) in die Republiek gevind word; en (ii) om een of ander rede nie deur die Republiek uitgelewer word nie of indien daar geen aansoek is om die persoon uit te lewer nie. (3) Waar ’n persoon aangekla word van poging, sameswering, hulpverlening, aanstigting, uitlokking, aanhitsing, aanmoediging, aanraaiing, bevel, raadgewing of verkryging om ’n misdryf te pleeg of as ’n begunstiger by daardie misdryf, word die misdryf geag gepleeg te wees nie slegs by die plek waar die handeling gepleeg is nie, maar ook by elke plek waar die persoon as sodanig opgetree het. (4) (a) ’n Vervolging van ’n misdryf bedoel in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2, wat buite die Republiek gepleeg is— (i) kan slegs teen ’n persoon ingestel word met die skriftelike toestemming van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging; en (ii) moet ’n aanvang neem voor ’n hof deur die Nasionale Direkteur vir Openbare Vervolging aangewys. (b) ’n Afskrif van die skriftelike toestemming en aanwysing moet aan die beskuldigde beteken word en die oorspronklike daarvan moet by die hof waar die verrigtinge ’n aanvang neem, ingedien word. (5) Die Nasionale Kommissaris en die Nasionale Hoof van die Direktoraat, in oorleg met die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, moet voorskrifte uitreik, waaraan alle polisiebeamptes in die uitvoering van hul werksaamhede ingevolge hierdie Wet rakende die ondersoek van misdrywe wat buite die Republiek gepleeg is, moet voldoen. 5 10 15 20 25 30 35 HOOFSTUK 4 BEVOEGDHEDE VAN ONDERSOEK, DEURSOEKING, TOEGANG OF BESLAGLEGGING 40 Woordomskrywing 25. In hierdie Hoofstuk, tensy uit die samehang anders blyk, beteken— ‘‘beslag lê’’ ook om— (a) ’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n rekenaarstelsel te 45 verwyder; (b) data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n rekenaarstelsel ontoeganklik te maak ten einde getuienis te bewaar; (c) ’n kopie van data of ’n rekenaarprogram te maak en te behou; of (d) ’n drukstuk van die uitset van data of ’n rekenaarprogram te maak en te hou; 50 ‘‘ondersoeker’’ enige gepaste en geskikte persoon, wat nie ’n lid van die SuidAfrikaanse Polisiediens is nie, en wat— (a) ingevolge ’n deursoekingslasbrief in artikel 29(3) beoog, geïdentifiseer en gemagtig is; of (b) ingevolge artikel 31(2), 32(3) of 33(4) deur ’n polisiebeampte versoek is, 55 om, onderworpe aan die leiding en beheer van ’n polisiebeampte, die polisiebeampte by te staan met die deursoeking vir, toegang tot en beslaglegging op ’n item; en ‘‘toegang’’ ook om sonder beperking gebruik te maak van— This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents