No. 44651   43 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 43 (b) enige houer, perseel, voertuig, fasiliteit, skip of lugvaartuig in die lasbrief geïdentifiseer, te betree en te deursoek; (c) enige persoon te deursoek wat, op redelike gronde, geglo word in staat is om enige inligting van wesenlike belang aangaande die aangeleentheid wat ondersoek word, te voorsien en wat naby sodanige houer, op of by sodanige perseel, voertuig, fasiliteit, skip of lugvaartuig gevind word; (d) enige persoon te deursoek wat, op redelike gronde, geglo word in staat is om enige inligting van wesenlike belang te voorsien aangaande die aangeleentheid wat ondersoek word en wat— (i) in die nabyheid is; (ii) gebruik maak; of (iii) in besit of in direkte beheer is, van enige data, rekenaarprogram, rekenaardatabergingsmedium of rekenaarstelsel in die lasbrief geïdentifiseer, tot die mate in die lasbrief uiteengesit; (e) te deursoek vir enige item in die lasbrief geïdentifiseer tot die mate in die lasbrief uiteengesit; (f) toegang te kry tot enige item in die lasbrief geïdentifiseer tot die mate in die lasbrief uiteengesit; (g) beslag te lê op ’n item in die lasbrief geïdentifiseer tot die mate in die lasbrief uiteengesit; of (h) enige instrument, toestel, toerusting, wagwoord, dekripteringsleutel, data, rekenaarprogram, rekenaardatabergingsmedium of rekenaarstelsel of ander inligting gebruik of verkry en gebruik wat, op redelike gronde, vermoed word nodig is om te deursoek vir, toegang te kry tot of beslag te lê op ’n item in die lasbrief geïdentifiseer tot die mate in die lasbrief uiteengesit. (3) ’n Deursoekingslasbrief kragtens subartikel (1) uitgereik, kan vereis dat ’n ondersoeker of ander persoon in die lasbrief geïdentifiseer, die polisiebeampte in die lasbrief geïdentifiseer, bystaan in die deursoeking vir, toegang kry tot of beslaglegging op die betrokke item, tot die mate in die lasbrief uiteengesit. (4) (a) ’n Deursoekingslasbrief kan te eniger tyd uitgevoer word, tensy die persoon wat die lasbrief uitreik skriftelik anders spesifiseer. (b) ’n Deursoekingslasbrief kan op enige dag uitgereik word en is van krag totdat dit uitgevoer is of deur die persoon wat dit uitgereik het, of indien daardie persoon nie beskikbaar is nie, deur ’n persoon met soortgelyke gesag, gekanselleer word. (5) ’n Polisiebeampte wat ’n lasbrief kragtens hierdie artikel uitvoer, moet ’n afskrif van die lasbrief en die skriftelike aansoek van die polisiebeampte beoog in subartikel (1)(a), oorhandig aan enige persoon wie se regte geraak is ten opsigte van enige deursoeking, of item waartoe toegang gekry is of waarop beslag gelê is kragtens die lasbrief. (6) Die bepalings van subartikels (1) tot (5) is van toepassing met die veranderinge deur die samehang vereis op ’n wysiging van ’n lasbrief ingevolge subartikel (1) uitgereik. 5 10 15 20 25 30 35 40 Mondelinge aansoek om deursoekingslasbrief of wysiging van lasbrief 30. (1) ’n Aansoek in artikel 29(1)(a) bedoel, of ’n aansoek om die wysiging van ’n lasbrief ingevolge artikel 29(1)(a) uitgereik, kan mondeling deur ’n spesifiek aangewese 45 polisiebeampte gedoen word, indien dit nie redelikerwys prakties is, met inagneming van die dringendheid van die saak of die bestaan van buitengewone omstandighede, om ’n skriftelike aansoek te bring nie. (2) ’n Mondelinge aansoek in subartikel (1) bedoel, moet— (a) die besonderhede van die dringendheid van die saak of die ander 50 buitengewone omstandighede aandui wat, na mening van die polisiebeampte, die doen van ’n mondelinge aansoek regverdig; en (b) voldoen aan enige aanvullende voorskrifte aangaande mondelinge aansoeke wat ingevolge artikel 8(3) van die Wet op Hoër Howe, 2013, deur die Hoofregter uitgereik kan word. 55 (3) ’n Landdros of regter van die Hooggeregshof kan, by die bring van ’n mondelinge aansoek ingevolge subartikel (1) en behoudens subartikel (4), ’n lasbrief beoog in artikel 29(1)(a) uitreik of wysig. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents