No. 44651   59 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 59 (4) Enige persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling wat versuim om te voldoen aan ’n lasgewing vir bewaring van getuienis, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens drie jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf. (5) ’n Persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling aan 5 wie ’n lasgewing vir bewaring van getuienis bedoel in subartikel (1) gerig is, kan skriftelik op die voorgeskrewe vorm en wyse, by ’n landdros of regter van die Hooggeregshof in wie se regsgebied die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling geleë is, aansoek doen om ’n wysiging of die kansellasie van die betrokke lasgewing op grond daarvan dat hulle nie tydig of op ’n 10 redelike wyse aan die lasgewing kan voldoen nie. (6) Die landdros of regter van die Hooggeregshof by wie ’n aansoek ingevolge subartikel (5) gedoen word, moet, so gou moontlik ná ontvangs daarvan— (a) die aansoek oorweeg en kan vir hierdie doel gelas dat mondelinge of skriftelike getuienis aangevoer word aangaande enige feit in die aansoek 15 beweer; (b) ’n beslissing ten opsigte van die aansoek gee; en (c) die applikant en polisiebeampte verwittig van die uitslag van die aansoek. Mondelinge aansoek om lasgewing vir bewaring van getuienis 43. (1) ’n Polisiebeampte kan ’n aansoek in artikel 42(1) bedoel, mondeling doen, indien hulle van mening is dat dit nie redelikerwys moontlik is, met inagneming van die dringendheid van die saak of die bestaan van buitengewone omstandighede, om ’n skriftelike aansoek te doen nie. (2) ’n Mondelinge aansoek bedoel in subartikel (1) moet— (a) die besonderhede van die dringendheid van die saak of die ander buitengewone omstandighede aandui wat, na mening van die polisiebeampte, die doen van ’n mondelinge aansoek regverdig; en (b) voldoen aan enige aanvullende voorskrifte rakende mondelinge aansoeke wat ingevolge artikel 8(3) van die Wet op Hoër Howe, 2013 deur die Hoofregter uitgereik kan word. (3) ’n Landdros of regter van die Hooggeregshof kan, by die ontvangs van ’n mondelinge aansoek aan hulle ingevolge subartikel (1) gedoen, die lasgewing vir bewaring van getuienis waarvoor aansoek gedoen word, uitreik. (4) ’n Lasgewing vir die bewaring van getuienis kan slegs kragtens subartikel (3) uitgereik word— (a) indien die betrokke landdros of regter van die Hooggeregshof oortuig is, op grond van die feite in die betrokke mondelinge aansoek aangevoer, dat— (i) daar redelike gronde is om te glo dat ’n lasgewing vir die bewaring van getuienis waarom aansoek gedoen is, uitgereik kan word; (ii) ’n lasgewing vir die bewaring van getuienis onmiddellik nodig is ten einde die beskikbaarheid of die integriteit van die item te verseker; en (iii) dit nie redelikerwys moontlik is nie, met inagneming van die dringendheid van die saak of die bestaan van buitengewone omstandighede, om ’n skriftelike aansoek om die uitreiking van die lasgewing vir die bewaring van getuienis waarvoor aansoek gedoen word, te doen nie; en (b) op voorwaarde dat die betrokke polisiebeampte ’n skriftelike aansoek aan die betrokke landdros of regter van die Hooggeregshof binne 48 uur ná uitreiking van die lasgewing vir die bewaring van getuienis kragtens subartikel (3), moet voorlê. (5) ’n Lasgewing vir die bewaring van getuienis kragtens subartikel (3) uitgereik, moet skriftelik wees en moet elektronies versend word aan die polisiebeampte of vir ’n spesifiek aangewese polisiebeampte gegee word. (6) ’n Landdros of regter van die Hooggeregshof wat ���n lasgewing kragtens subartikel (3) uitgereik het of, indien hulle nie beskikbaar is nie, enige ander landdros of regter van die Hooggeregshof, moet by ontvangs van ’n skriftelike aansoek ingevolge subartikel (4)(b), daardie aansoek heroorweeg waarna hulle daardie lasgewing vir die bewaring van getuienis kan bevestig, wysig of kanselleer. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 20 25 30 35 40 45 50 55

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents