No. 44651   79 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 79 (3) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling wat versuim om aan subartikel (1) te voldoen, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete van hoogstens R50 000. (4) Behoudens enige ander wetsbepaling of verpligting, moet die bepalings van subartikel (1) nie sodanig uitgelê word nie dat dit verpligtinge aan ’n elektroniese 5 kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling sou oplê om— (a) die data wat die elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling oorsend of berg te monitor; of (b) aktief feite of omstandighede te soek wat aanduidend is van enige onwettige 10 aktiwiteit. (5) Hierdie Hoofstuk is nie op ’n finansiële sektor reguleerder of ’n werksaamheid verrig deur die Suid-Afrikaanse Reserwebank ingevolge artikel 10 van die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank, 1989, van toepassing nie. Kapasiteit om kubermisdade te bespeur, te voorkom en te ondersoek 55. (1) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring moet— (a) genoegsame menslike hulpbron- en operasionele kapasiteit vestig en in stand hou om kubermisdade te bespeur, te voorkom en te ondersoek; (b) verseker dat lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens basiese opleiding ontvang in aspekte wat verband hou met die bespeuring, voorkoming en ondersoek van kubermisdade; en (c) in samewerking met enige inrigting vir hoër onderwys, in die Republiek of elders, geakkrediteerde opleidingsprogramme ontwikkel en instel vir lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat hoofsaaklik gemoeid is met die bespeuring, voorkoming en ondersoek van kubermisdade. (2) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring kan regulasies uitvaardig om enige aspek in subartikel (1) bedoel, verder te reël. (3) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring moet, aan die einde van elke boekjaar, ’n verslag aan die Parlement voorlê aangaande— (a) vordering met die implementering van hierdie artikel; (b) die getal— (i) misdrywe waarvoor in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 voorsiening gemaak word, wat by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld is; (ii) sake wat, ingevolge subparagraaf (i), by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld is, wat tot strafregtelike verrigtinge gelei het; en (iii) sake waar geen strafregtelike vervolgings ingestel is nie ná ’n tydperk van 18 maande nadat ’n saak ingevolge subparagraaf (i) by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld is; en (c) die getal lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wat opleiding soos beoog in subartikel (1)(b) en (c), ontvang het. 15 20 25 30 35 Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet statistieke van vervolgings 40 hou 56. (1) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet statistieke hou van die getal vervolgings ingestel vir misdrywe ingevolge Deel I of Deel II van Hoofstuk 2, die uitslag van daardie vervolgings en enige ander inligting aangaande daardie vervolgings, wat deur die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging bepaal word. 45 (2) Die statistieke of inligting in subartikel (1) beoog, moet in die verslag van die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings bedoel in artikel 22(4)(g) van die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, 1998, ingesluit word. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents