STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   107 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 107 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (9) Iemand in subartikel (1)(a) bedoel, of ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel, wat versuim om aan ’n bevel in subartikel (3) bedoel of enige wysiging daarvan, te voldoen, is skuldig aan ’n misdryf. (10) Enige persoon wat ingevolge subartikel (8) gedagvaar is om verrigtinge by te woon en wat versuim om— (a) dit by te woon of teenwoordig te bly; (b) te verskyn by die plek en op die datum en die tyd waarheen die betrokke verrigtinge verdaag mag word; (c) teenwoordig te bly by daardie verrigtinge aldus verdaag; of (d) enige boek, dokument of voorwerp in die dagvaarding gespesifiseer voor te lê, is skuldig aan ’n misdryf. (11) Die bepalings ten opsigte van appèl en hersiening soos in die Wet op Landdroshowe, 1944, en die Wet op Hoër Howe, 2013, voor voorsiening gemaak, is van toepassing op verrigtinge ingevolge hierdie artikel. (12) Artikels 8 en 9(3) van die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011 (Wet No. 17 van 2011), is van toepassing met die nodige veranderinge deur die samehang vereis op verrigtinge in subartikels (2) en (7) beoog. Elektroniese kommunikasiediensverskaffer moet besonderhede aan hof verskaf 11C. (1) Indien daar ingevolge artikel 11B(1) om ‘n beskermingsbevel aansoek gedoen word en die hof is ingevolge artikel 11B(3) oortuig dat ’n beskermingsbevel uitgereik moet word en die besonderhede van die persoon in artikel 11B(1)(a) bedoel, of die elektroniese kommunikasiediensverskaffer in artikel 11B(1)(b) bedoel, wie se diens gebruik is om daardie pornografie te huisves of openbaar te maak, is nie bekend nie, kan die hof— (a) die verrigtinge verdaag tot enige tyd en datum op die bepalings en voorwaardes wat die hof doenlik ag; en This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents