STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
No. 44651 111
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
111
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
(vi) ’n assessering of die elektroniese kommunikasiediensverskaffer in ’n posisie is, al dan
nie, om—
(aa) daardie pornografie of ’n
skakel na daardie pornografie te verwyder; of
(bb) toegang
tot
daardie
pornografie of ’n skakel na
daardie pornografie te
deaktiveer.
(2) Indien die hof ’n lasgewing
ingevolge subartikel (1)(b) uitreik, moet
die hof gelas dat die lasgewing op die
voorgeskrewe wyse aan die elektroniese
kommunikasiediensverskaffer
beteken
word: Met dien verstande, dat indien die
hof oortuig is dat die lasgewing nie op die
voorgeskrewe wyse beteken kan word nie,
die hof ’n bevel kan gee wat betekening in
die vorm of op die wyse in daardie bevel
gespesifiseer, toelaat.
(3) (a) Die inligting in subartikel (1)(b)
bedoel, moet binne vyf gewone hofdae
vanaf die dag waarop die lasgewing aan ’n
elektroniese
kommunikasiediensverskaffer beteken is, aan die hof verskaf
word.
(b) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer aan wie ’n lasgewing beteken is,
kan op die voorgeskrewe wyse en deur
middel van ’n beëdigde verklaring in die
voorgeskrewe vorm by die hof aansoek
doen om—
(i) ’n verlenging van die tydperk van vyf
gewone hofdae in paragraaf (a)
bedoel vir ’n verdere tydperk van vyf
gewone hofdae op grond daarvan dat
die inligting nie tydig voorsien kan
word nie; of
(ii) die kansellasie van die lasgewing op
grond daarvan dat—
(aa) dit nie ’n elektroniese kommunikasiediens aan die applikant of
die persoon bedoel in artikel
11B(1)(a) lewer nie;
(bb) die inligting wat aangevra is, nie
in die rekords van die
elektroniese
kommunikasiediensverskaffer beskikbaar is
nie; of
(cc) hul diens nie gebruik word om
daardie pornografie te huisves
nie of nie gebruik was of word
om
daardie
pornografie
openbaar te maak nie.
(4) Ná ontvangs van ’n aansoek
ingevolge subartikel (3)(b)—
(a) moet die hof die aansoek oorweeg;
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents