No. 44651 113
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
113
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
(b) kan die hof, op die voorgeskrewe
wyse, sodanige bykomende getuienis
versoek by wyse van beëdigde
verklaring van die elektroniese
kommunikasiediensverskaffer soos
wat die hof goeddink;
(c) moet die hof daaroor beslis; en
(d) moet die hof die elektroniese
kommunikasiediensverskaffer op die
voorgeskrewe vorm en wyse van die
uitslag van die aansoek verwittig.
(5) (a) Die hof kan, by ontvangs van ’n
beëdigde verklaring van ’n elektroniese
kommunikasiediensverskaffer wat die
inligting bedoel in subartikel (1)(b) bevat,
die uitreiking van ’n beskermingsbevel
ingevolge artikel 11B(3) teen die persoon
of elektroniese kommunikasiediensverskaffer oorweeg op die datum
waarheen die verrigtinge verdaag is.
(b) Enige inligting wat ingevolge
subartikel (1)(b) aan die hof verskaf is,
maak deel uit van die getuienis wat ’n hof
ingevolge artikel 11B(3) kan oorweeg.
(6) Die Kabinetslid verantwoordelik vir
die regspleging kan, by kennisgewing in
die Staatskoerant, redelike tariewe voorskryf vir vergoeding betaalbaar aan
elektroniese
kommunikasiediensverskaffers vir die verskaffing van die
inligting in subartikel (1)(b) bedoel.
(7) Enige elektroniese kommunikasiediensverskaffer of werknemer van ’n
elektroniese
kommunikasiediensverskaffer wat—
(a) versuim om die vereiste inligting
binne vyf gewone hofdae vanaf die
dag waarop die lasgewing aan
daardie elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken is, aan ’n hof
te verskaf ingevolge subartikel (3)(a)
of sodanige verlengde tydperk wat
ingevolge subartikel (3)(b) deur die
hof toegelaat word; of
(b) ’n vals verklaring in ‘n wesenlike
opsig in ’n beëdigde verklaring
bedoel in subartikel (1)(b) of (3)(b)
maak,
is skuldig aan ’n misdryf.
Bevele by afhandeling
regtelike verrigtinge
van
straf-
11D. (1) Die verhoorhof, wat ’n persoon
skuldig bevind aan enige misdryf in artikel
11A(1), (2) of (3) bedoel, moet—
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents