STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
No. 44651 119
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
119
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
‘‘Seksuele uitbuiting en seksuele
aanvoring van kinders, blootstelling
of vertoon van of veroorsaking van
blootstelling of vertoon van
kinderpornografie of pornografie
aan kinders, misdrywe in verband
met kinderpornografie en gebruikmaking van kinders vir pornografiese doeleindes of voordeeltrekking uit kinderpornografie’’;
(ii) deur die volgende subartikel by
artikel 17 te voeg:
‘‘(7) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik op enige wyse die
seksuele uitbuiting van ’n kind
verkondig, adverteer, aanmoedig of
bevorder, is skuldig aan ’n misdryf.’’;
(iii) deur die volgende artikel ná artikel 19
van die Wet in te voeg:
‘‘Misdrywe in verband met kinderpornografie
19A. (1) Iemand wat wederregtelik
en opsetlik kinderpornografie skep,
maak of vervaardig, op enige wyse,
anders as om ’n kind vir kinderpornografie te gebruik soos in artikel
20(1) beoog, is skuldig aan ’n
misdryf.
(2) Iemand wat wederregtelik en
opsetlik, op enige wyse behulpsaam
is met die skepping, maak of
vervaardiging van kinderpornografie
of dit fasiliteer, is skuldig aan ’n
misdryf.
(3) Iemand wat wederregtelik en
opsetlik kinderpornografie besit, is
skuldig aan ’n misdryf.
(4) Iemand wat wederregtelik en
opsetlik, op enige wyse —
(a) kinderpornografie versprei;
(b) kinderpornografie beskikbaar
stel;
(c) kinderpornografie oorsend;
(d) kinderpornografie te koop aanbied;
(e) kinderpornografie verkoop;
(f) aanbied om kinderpornografie te
verkry;
(g) kinderpornografie verkry;
(h) toegang kry tot kinderpornografie;
(i) kinderpornografie aflaai; of
(j) kinderpornografie besigtig,
is skuldig aan ’n misdryf.
(5) Iemand wat wederregtelik en
opsetlik op enige wyse met die—
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents