No. 44651 17
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
17
(c) inmenging met data of ’n rekenaarprogram soos in artikel 5(1) beoog;
(d) inmenging met ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel soos in
artikel 6(1) beoog; of
(e) verkryging, beskikbaarstelling of gebruikmaking van ’n wagwoord,
toegangskode of soortgelyke data of toestel soos in artikel 7(3) omskryf.
5
Wederregtelike inmenging met data of rekenaarprogram
5. (1) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik inmeng met—
(a) data; of
(b) ’n rekenaarprogram,
is skuldig aan ’n misdryf.
10
(2) By die toepassing van hierdie artikel beteken ‘‘inmenging met data of ’n
rekenaarprogram’’ om permanent of tydelik—
(a) data of ’n rekenaarprogram uit te wis;
(b) data of ’n rekenaarprogram te verander;
(c) data of ’n rekenaarprogram kwesbaar te maak, te beskadig of te laat 15
agteruitgaan;
(d) data of ’n rekenaarprogram betekenisloos, nutteloos of ondoeltreffend te
maak;
(e) die wettige gebruik van data of ’n rekenaarprogram te belemmer, te
onderbreek of daarmee in te meng; of
20
(f) toegang tot data of ’n rekenaarprogram te weier,
wat in ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel gehou word.
Wederregtelike inmenging met rekenaardatabergingsmedium of rekenaarstelsel
6. (1) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik met ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel inmeng, is skuldig aan ’n misdryf.
25
(2) By die toepassing van hierdie artikel beteken ‘‘inmenging met ’n
rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel’’ om permanent of tydelik—
(a) enige bron te verander; of
(b) die—
(i) werking;
30
(ii) vertroulikheid;
(iii) integriteit; of
(iv) beskikbaarheid,
te onderbreek of te belemmer,
van ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel.
35
Wederregtelike verkryging, besit, voorsiening, ontvangs of gebruik van wagwoord,
toegangskode of soortgelyke data of toestel
7. (1) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik ’n wagwoord, ’n toegangskode of
soortgelyke data of toestel—
(a) verkry;
(b) besit;
(c) aan iemand anders voorsien; of
(d) gebruik,
met die doel om die bepalings van artikel 2(1) of (2), 3(1), 5(1), 6(1), 8 of 9(1) te oortree,
is skuldig aan ’n misdryf.
(2) Enige persoon wat in besit van ’n wagwoord, ’n toegangskode of soortgelyke data
of toestel gevind word, ten opsigte waarvan ’n redelike verdenking bestaan dat sodanige
wagwoord, toegangskode of soortgelyke data of toestel—
(a) verkry is;
(b) besit word;
(c) aan iemand anders voorsien gaan word; of
(d) gebruik is of gebruik kan word,
met die doel om die bepalings van artikel 2(1) of (2), 3(1), 5(1), 6(1), 8 of 9(1) te oortree
en wat nie ’n bevredigende, verontskuldigende verduideliking vir sodanige besit kan gee
nie, is skuldig aan ’n misdryf.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
40
45
50
55
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents