No. 44651 23
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
23
(ii) geweld teen die groep persone of enige persoon wat deel is van, of
geassosieer is met, daardie groep persone,
en ’n redelike persoon in besit van dieselfde inligting en met inagneming van al die
omstandighede, die databoodskap, hetsy alleen of saam met enige ander databoodskap
of informasie, sal beskou as ’n dreigement van beskadiging van eiendom of geweld
teenoor ’n persoon of kategorie persone in onderskeidelik paragraaf (a) of (b) beoog.
5
Openbaarmaking van databoodskap van intieme beeld
16. (1) Enige persoon (‘‘A’’) wat wederregtelik en opsetlik ’n databoodskap van ’n
intieme beeld van ’n persoon (‘‘B’’) openbaar maak deur middel van ’n elektroniese
kommunikasiediens, sonder die toestemming van B, is skuldig aan ’n misdryf.
(2) By die toepassing van subartikel (1) beteken —
(a) ‘‘B’’ —
(i) die persoon wat identifiseer kan word as die persoon wat in die
databoodskap vertoon word;
(ii) enige persoon wat beskryf word as vertoon te wees in die databoodskap,
ongeag dat die persoon nie geïdentifiseer kan word as die persoon wat in
die databoodskap vertoon word nie; of
(iii) enige persoon wat uit ander inligting geïdentifiseer kan word as die
persoon wat in die databoodskap vertoon word; en
(b) ‘‘intieme beeld’’ ’n uitbeelding van ’n persoon—
(i) werklik of gesimuleer en op enige wyse gemaak waarin—
(aa) B kaal is, of die geslagsorgane of anale area van B vertoon word, of
indien B ’n vroulike persoon, transgenderpersoon of intersekspersoon is, hul borste, vertoon word; of
(bb) die bedekte geslagsorgane of anale area van B, of indien B ’n
vroulike persoon, transgenderpersoon of intersekspersoon is, hul
bedekte borste, vertoon word; en
(ii) ten opsigte waarvan B aldus vertoon ’n redelike verwagting van
privaatheid gehad het toe die databoodskap gemaak is op ’n wyse wat—
(aa) die seksuele integriteit of waardigheid van B skend of krenk; of
(bb) op seksuele uitbuiting neerkom.
10
15
20
25
30
DEEL III: POGING, SAMESWERING, HULPVERLENING, AANSTIGTING,
UITLOKKING, AANHITSING, AANMOEDIGING, AANRAAIING, BEVEL,
RAADGEWING OF VERKRYGING OM MISDRYF TE PLEEG
Poging, sameswering, hulpverlening, aanstigting, uitlokking, aanhitsing, 35
aanmoediging, aanraaiing, bevel, raadgewing of verkryging om misdryf te pleeg
17. Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik—
(a) poog;
(b) met ’n ander persoon saamsweer; of
(c) ’n ander persoon help, aanstig, uitlok, aanhits, aanraai, beveel of verkry,
40
om ’n misdryf ingevolge Deel I of Deel II van hierdie Hoofstuk te pleeg, is skuldig
aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met die straf waarvoor ’n
persoon wat aan die werklike pleging van daardie misdryf skuldig bevind is,
onderhewig sal wees.
DEEL IV: GEOORLOOFDE UITSPRAKE
45
Geoorloofde uitsprake
18. (1) Indien getuienis in strafregtelike verrigtinge nie die pleging van die ten laste
gelegde misdryf bewys nie, maar ’n oortreding van artikel 17 bewys—
(a) ten opsigte van die ten laste gelegde misdryf; of
(b) ten opsigte van enige ander misdryf waaraan ’n beskuldigde op die ten laste 50
gelegde misdryf skuldig bevind kan word,
kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents