No. 44651 27
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
27
(iii) die gemeneregmisdryf van uitgifte,
bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(b) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 9(2), nie die
misdryf bewys nie, maar die gemeneregmisdryf van uitgifte, kan die beskuldigde aan
die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(8) Indien ’n beskuldigde van ’n oortreding van artikel 11(1) aangekla word, en die
getuienis op die aanklag nie ’n oortreding van artikel 11(1) of ’n oortreding van artikel
17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie, maar ’n oortreding van—
(a) artikel 2(1) of (2);
(b) artikel 3(1) of enige bevoegde uitspraak waarvoor subartikel (2) voorsiening
maak;
(c) artikel 5(1) of enige bevoegde uitspraak waarvoor subartikel (3) voorsiening
maak;
(d) artikel 6(1) of enige bevoegde uitspraak waarvoor subartikel (4) voorsiening
maak; of
(e) artikel 7(1) of enige bevoegde uitspraak waarvoor subartikel (5) voorsiening
maak,
bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(9) Indien ’n beskuldigde van ’n oortreding van artikel 11(2) aangekla word, en die
getuienis op die aanklag nie die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van
die misdryf bewys nie, maar ’n oortreding van—
(a) artikel 2(1) of (2);
(b) artikel 5(1) of enige bevoegde uitspraak waarvoor subartikel (3) voorsiening
maak; of
(c) artikel 6(1) of enige bevoegde uitspraak waarvoor subartikel (4) voorsiening
maak,
bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(10) Indien die getuienis op ’n aanklag vir enige misdryf in die voormelde subartikels
nie die pleging van die aldus ten laste gelegde misdryf of enige geoorloofde uitspraak
ten opsigte van die misdryf nie bewys nie, maar die pleging van ’n misdryf bewys wat
weens die wesenlike elemente van daardie misdryf in die aldus ten laste gelegde misdryf
inbegrepe is, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word.
(11) Indien ’n beskuldigde van ’n oortreding van artikel 14, 15 of 16 aangekla word,
en die getuienis oor die aanklag nie die betrokke misdryf of ’n oortreding van artikel 17
ten opsigte van die misdryf bewys nie, maar die pleging van ’n misdryf bewys wat uit
hoofde van die wesenlike elemente van daardie misdryf in die aldus ten laste gelegde
misdryf inbegrepe is, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind
word.
5
10
15
20
25
30
35
DEEL V: VONNISOPLEGGING
Vonnisoplegging
19. (1) Enige persoon wat die bepalings van artikel 2(1) of (2), 3(3) of 7(2) oortree,
is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van
hoogstens vyf jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf.
(2) Enige persoon wat die bepalings van artikel 3(1) of (2), 4(1), 5(1), 6(1) of 7(1)
oortree, is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n
tydperk van hoogstens 10 jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf.
(3) Enige persoon wat die bepalings van artikel 11(1) oortree, is by skuldigbevinding
strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens 15 jaar of met
beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf.
(4) ’n Hof wat ’n persoon aan ’n misdryf ingevolge artikel 8, 9(1) of (2), 10 of 11(2)
skuldig bevind, kan, waar ’n straf ten opsigte van daardie misdryf nie deur enige ander
wetsbepaling voorgeskryf word nie, ’n vonnis oplê soos in artikel 276 van die
Strafproseswet, 1977, bepaal, wat daardie hof gepas ag en wat binne daardie hof se
strafjurisdiksie is.
(5) ’n Hof wat enige vonnis ingevolge hierdie artikel oplê, of waar ’n persoon aan die
misdryf van diefstal wat gepleeg of gefasiliteer is deur elektroniese middele, skuldig
bevind is, moet, sonder om enige ander tersaaklike faktore uit te sluit—
(a) die feit dat die misdryf met elektroniese middele gepleeg is;
(b) die mate van die benadeling en verlies deur die klaer of enige ander persoon
gely as gevolg van die pleging van so ’n misdryf;
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
40
45
50
55
60
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents