No. 44651 43
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
43
(b) enige houer, perseel, voertuig, fasiliteit, skip of lugvaartuig in die lasbrief
geïdentifiseer, te betree en te deursoek;
(c) enige persoon te deursoek wat, op redelike gronde, geglo word in staat is om
enige inligting van wesenlike belang aangaande die aangeleentheid wat
ondersoek word, te voorsien en wat naby sodanige houer, op of by sodanige
perseel, voertuig, fasiliteit, skip of lugvaartuig gevind word;
(d) enige persoon te deursoek wat, op redelike gronde, geglo word in staat is om
enige inligting van wesenlike belang te voorsien aangaande die aangeleentheid wat ondersoek word en wat—
(i) in die nabyheid is;
(ii) gebruik maak; of
(iii) in besit of in direkte beheer is,
van enige data, rekenaarprogram, rekenaardatabergingsmedium of rekenaarstelsel in die lasbrief geïdentifiseer, tot die mate in die lasbrief uiteengesit;
(e) te deursoek vir enige item in die lasbrief geïdentifiseer tot die mate in die
lasbrief uiteengesit;
(f) toegang te kry tot enige item in die lasbrief geïdentifiseer tot die mate in die
lasbrief uiteengesit;
(g) beslag te lê op ’n item in die lasbrief geïdentifiseer tot die mate in die lasbrief
uiteengesit; of
(h) enige instrument, toestel, toerusting, wagwoord, dekripteringsleutel, data,
rekenaarprogram, rekenaardatabergingsmedium of rekenaarstelsel of ander
inligting gebruik of verkry en gebruik wat, op redelike gronde, vermoed word
nodig is om te deursoek vir, toegang te kry tot of beslag te lê op ’n item in die
lasbrief geïdentifiseer tot die mate in die lasbrief uiteengesit.
(3) ’n Deursoekingslasbrief kragtens subartikel (1) uitgereik, kan vereis dat ’n
ondersoeker of ander persoon in die lasbrief geïdentifiseer, die polisiebeampte in die
lasbrief geïdentifiseer, bystaan in die deursoeking vir, toegang kry tot of beslaglegging
op die betrokke item, tot die mate in die lasbrief uiteengesit.
(4) (a) ’n Deursoekingslasbrief kan te eniger tyd uitgevoer word, tensy die persoon
wat die lasbrief uitreik skriftelik anders spesifiseer.
(b) ’n Deursoekingslasbrief kan op enige dag uitgereik word en is van krag totdat dit
uitgevoer is of deur die persoon wat dit uitgereik het, of indien daardie persoon nie
beskikbaar is nie, deur ’n persoon met soortgelyke gesag, gekanselleer word.
(5) ’n Polisiebeampte wat ’n lasbrief kragtens hierdie artikel uitvoer, moet ’n afskrif
van die lasbrief en die skriftelike aansoek van die polisiebeampte beoog in subartikel
(1)(a), oorhandig aan enige persoon wie se regte geraak is ten opsigte van enige
deursoeking, of item waartoe toegang gekry is of waarop beslag gelê is kragtens die
lasbrief.
(6) Die bepalings van subartikels (1) tot (5) is van toepassing met die veranderinge
deur die samehang vereis op ’n wysiging van ’n lasbrief ingevolge subartikel (1)
uitgereik.
5
10
15
20
25
30
35
40
Mondelinge aansoek om deursoekingslasbrief of wysiging van lasbrief
30. (1) ’n Aansoek in artikel 29(1)(a) bedoel, of ’n aansoek om die wysiging van ’n
lasbrief ingevolge artikel 29(1)(a) uitgereik, kan mondeling deur ’n spesifiek aangewese 45
polisiebeampte gedoen word, indien dit nie redelikerwys prakties is, met inagneming
van die dringendheid van die saak of die bestaan van buitengewone omstandighede, om
’n skriftelike aansoek te bring nie.
(2) ’n Mondelinge aansoek in subartikel (1) bedoel, moet—
(a) die besonderhede van die dringendheid van die saak of die ander 50
buitengewone omstandighede aandui wat, na mening van die polisiebeampte,
die doen van ’n mondelinge aansoek regverdig; en
(b) voldoen aan enige aanvullende voorskrifte aangaande mondelinge aansoeke
wat ingevolge artikel 8(3) van die Wet op Hoër Howe, 2013, deur die
Hoofregter uitgereik kan word.
55
(3) ’n Landdros of regter van die Hooggeregshof kan, by die bring van ’n mondelinge
aansoek ingevolge subartikel (1) en behoudens subartikel (4), ’n lasbrief beoog in artikel
29(1)(a) uitreik of wysig.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents