No. 44651 47
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
47
(2) ’n Polisiebeampte kan slegs toegang kry of die bevoegdhede in paragrawe (c)
of (d) van die omskrywing van ‘‘beslag lê’’ uitoefen, ten opsigte van die
rekenaardatabergingsmedium of rekenaarstelsel in subartikel (1) bedoel, ooreenkomstig
’n deursoekingslasbrief ingevolge artikel 29(1)(a) uitgereik: Met dien verstande dat ’n
polisiebeampte kan, as hulle op redelike gronde glo—
5
(a) dat ’n deursoekingslasbrief kragtens artikel 29(1)(a) aan hulle uitgereik sal
word as hulle om so ’n lasbrief aansoek doen; en
(b) dat dit nie redelikerwys moontlik is, met inagneming van die dringendheid
van die saak of die bestaan van buitengewone omstandighede, om ’n
skriftelike of mondelinge aansoek om ’n lasbrief te doen nie,
10
toegang kan kry en die bevoegdhede bedoel in paragraaf (c) of (d) van die omskrywing
van ‘‘beslag lê’’ kan uitoefen, sonder ’n deursoekingslasbrief.
(3) ’n Ondersoeker wat skriftelik daartoe gemagtig is deur ’n polisiebeampte, kan die
polisiebeampte bystaan in die beslaglegging op ’n item soos in subartikels (1) en (2)
beoog en om toegang te kry tot die item soos in subartikel (2) beoog.
15
Deursoeking vir, toegang tot of beslaglegging op item by inhegtenisneming van
persoon
33. (1) ’n Polisiebeampte kan sonder ’n lasbrief, soos beoog in artikel 40 van die
Strafproseswet, 1977, enigiemand in hegtenis neem—
(a) wat enige misdryf ingevolge Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 in hul
teenwoordigheid pleeg;
(b) wat hul redelikerwys daarvan verdink dat hulle ’n misdryf ingevolge Deel I en
Deel II van Hoofstuk 2 gepleeg het; of
(c) wat betrokke is by of teen wie ’n redelike klagte gebring is of geloofwaardige
inligting ontvang is of ’n redelike verdenking bestaan dat hulle betrokke was
by ’n misdryf—
(i) soortgelyk aan die misdrywe in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog;
of
(ii) wesenlik soortgelyk aan ’n misdryf in die Republiek erken, wat gepleeg
kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n
item,
in ’n vreemde Staat, en waarvoor hulle, kragtens enige wetsbepaling in
verband met uitlewering van voortvlugtige oortreders, in die Republiek
gearresteer of in bewaring aangehou kan word.
(2) By die inhegtenisneming van ’n persoon in subartikel (1) beoog of ingevolge
artikel 40 of 43 van die Strafproseswet, 1977, kan ’n polisiebeampte deursoek vir en die
bevoegdhede bedoel in paragrawe (a) en (b) van die omskrywing van ‘‘beslag lê’’
uitoefen ten opsigte van ’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n
rekenaarstelsel in paragraaf (c) of (d) van die omskrywing van ‘‘item’’ bedoel, wat in die
besit van of in die bewaring of onder beheer van die persoon gevind word.
(3) ’n Polisiebeampte kan slegs toegang kry of die bevoegdhede bedoel in paragraaf
(c) of (d) van die omskrywing van ‘‘beslag lê’’ uitoefen, ten opsigte van ’n
rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel in subartikel (2) bedoel, ooreenkomstig ’n deursoekingslasbrief uitgereik ingevolge artikel 29(1)(a): Met dien
verstande dat ’n polisiebeampte, as hulle op redelike gronde glo—
(a) dat ’n deursoekingslasbrief kragtens artikel 29(1)(a) aan hulle uitgereik sal
word, as hulle om daardie lasbrief aansoek doen; en
(b) dit nie redelikerwys moontlik is, met inagneming van die dringendheid van
die saak of die bestaan van buitengewone omstandighede, om ’n skriftelike of
mondelinge aansoek om ’n deursoekingslasbrief te doen nie,
toegang kan kry en die bevoegdhede in paragrawe (c) en (d) van die omskrywing van
‘‘beslag lê’’ kan uitoefen sonder ’n deursoekingslasbrief.
(4) ’n Ondersoeker wat skriftelik daartoe gemagtig is deur ’n polisiebeampte, kan die
polisiebeampte bystaan in die beslaglegging op ’n item soos beoog in subartikels (2) en
(3) en om toegang te kry tot die item soos in subartikel (3) beoog.
Bystand aan polisiebeampte of ondersoeker
34. (1) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer, finansiële instelling of persoon,
anders as die persoon wat verdink word van die pleging van die misdryf wat ondersoek
word, wat in beheer is van enige houer, perseel, voertuig, fasiliteit, skip, lugvaartuig,
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
20
25
30
35
40
45
50
55
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents