No. 44651 67
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
67
(iii) ’n misdryf—
(aa) soortgelyk aan dié in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog; of
(bb) wesenlik soortgelyk aan ’n misdryf in die Republiek erken, wat gepleeg
kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik van, ’n
item,
in daardie vreemde Staat.
5
Buitelandse versoeke om bystand en samewerking
48. (1) ’n Versoek deur ’n owerheid, hof of tribunaal wat regsbevoegdheid in ’n
vreemde Staat uitoefen om die—
(a) bewaring van data of ander item;
(b) beslaglegging op data of ander item;
(c) bespoedigde openbaarmaking van verkeersdata;
(d) verkryging van intydse kommunikasie-verwante inligting of argief-bewaarde
kommunikasie-verwante inligting; of
(e) onderskepping van onregstreekse kommunikasie,
moet, behoudens subartikel (9), aan die aangewese Kontakpunt voorsien word.
(2) Die aangewese Kontakpunt moet die versoek aan die Nasionale Direkteur vir
Openbare Vervolgings voorlê vir oorweging.
(3) (a) By ontvangs van ’n versoek in subartikel (2) bedoel, moet die Nasionale
Direkteur vir Openbare Vervolgings hulself tevrede stel—
(i) dat verrigtinge ingestel is in ’n hof of tribunaal wat regsbevoegdheid in die
versoekende vreemde Staat uitoefen; of
(ii) dat daar redelike gronde is om te vermoed dat ’n misdryf in die versoekende
vreemde Staat gepleeg is of dat dit nodig is om vas te stel of ��n misdryf aldus
gepleeg is en dat ’n ondersoek ten opsigte daarvan in die versoekende vreemde
Staat onderneem word; en
(iii) dat die betrokke misdryf—
(aa) soortgelyk is aan dié in Deel I of Deel II van Hoofstuk 2 beoog; of
(bb) wesenlik soortgelyk is aan ’n misdryf in die Republiek erken, wat
gepleeg kan word by wyse van, of gefasiliteer kan word deur die gebruik
van, ’n item; en
(iv) dat die vreemde Staat voornemens is om ’n versoek te rig ingevolge artikel 7 van
die Wet op Internasionale Samewerking in Strafregtelike Aangeleenthede, 1996,
vir die verkryging van die data, inligting, ’n kommunikasie of ’n item in die
Republiek vir gebruik in daardie verrigtinge of ondersoek in die vreemde Staat.
(b) By die toepassing van paragraaf (a), kan die Nasionale Direkteur van Openbare
Vervolgings steun op ’n sertifikaat wat heet om uitgereik te wees deur ’n bevoegde
owerheid in die betrokke vreemde Staat, waarin die feite in subartikel (3)(a) beoog,
vermeld word.
(4) (a) Die Nasionale Direkteur van Openbare Vervolgings moet die versoek om
bystand, tesame met hul aanbevelings, aan die Kabinetslid verantwoordelik vir die
regspleging voorlê vir die Kabinetslid se goedkeuring.
(b) By verwittiging van die Kabinetslid se goedkeuring, moet die Nasionale Direkteur
van Openbare Vervolgings die versoek in subartikel (1) beoog, na die aangewese regter
stuur vir oorweging.
(5) Waar die versoek verband hou met die bespoedigde openbaarmaking van
verkeersdata, is subartikels (3)(a)(iv) en (4) nie van toepassing nie, en die Nasionale
Direkteur van Openbare Vervolgings moet die versoek om bystand, saam met hul
aanbevelings, aan die aangewese regter voorlê.
(6) Behoudens subartikels (7) en (8), kan die aangewese regter by ontvangs van ’n
versoek in subartikel (4) of (5) beoog, enige bevel uitreik wat hulle gepas ag om te
verseker dat die aangevraagde—
(a) data of ander item ooreenkomstig artikel 42 bewaar word;
(b) data of ander item op beslag gelê word op ’n bespoedigde grondslag
ooreenkomstig artikel 29 en bewaar word;
(c) verkeersdata op ’n bespoedigde grondslag openbaar gemaak word ingevolge
’n lasgewing vir openbaarmaking van data ooreenkomstig artikel 44;
(d) intydse kommunikasie-verwante inligting of argief-bewaarde kommunikasieverwante inligting, verkry en bewaar word; of
(e) onregstreekse kommunikasie onderskep en bewaar word,
soos in die versoek gespesifiseer.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
10
15
20
25
30
35
40
45
50
55
60
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents