No. 44651 9
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
9
HOOFSTUK 9
ALGEMENE BEPALINGS
57.
58.
59.
60.
Nasionale Uitvoerende Gesag kan ooreenkomste aangaan
Herroeping of wysiging van wette
Regulasies
Kort titel en inwerkingtreding
5
Bylae
HOOFSTUK 1
WOORDOMSKRYWING EN UITLEG
Woordomskrywing en uitleg
1. (1) In hierdie Wet, tensy die samehang anders aandui, beteken—
‘‘aangewese Kontakpunt’’ die kantoor ingevolge artikel 52 ingestel of aangewys;
‘‘aangewese regter’’ ’n aangewese regter soos omskryf in artikel 1 van die Wet op die
Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasieverwante Inligting, 2002;
‘‘data’’ elektroniese voorstellings van inligting in enige formaat;
‘‘databoodskap’’ data gegenereer, gestuur, ontvang of geberg by wyse van elektroniese
middele, waar enige uitset van die data in ’n verstaanbare vorm is;
‘‘Doeane- en Aksynswet, 1964’’ die Doeane- en Aksynswet, 1964 (Wet No. 91 van
1964);
‘‘elektroniese kommunikasiediens’’ enige diens wat in geheel of hoofsaaklik bestaan
uit die oordrag, op enige wyse, van elektroniese kommunikasies oor ’n elektroniese
kommunikasienetwerk, met uitsondering van uitsaaidienste soos omskryf in artikel 1
van die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005;
‘‘elektroniese kommunikasiediensverskaffer’’—
(a) enige persoon wat ’n elektroniese kommunikasiediens verskaf aan die
publiek, dele van die publiek, die Staat, of die intekenaars tot sodanige diens,
kragtens en ooreenkomstig ’n elektroniese kommunikasiedienslisensie aan
daardie persoon uitgereik ingevolge die Wet op Elektroniese Kommunikasie,
2005, of wat geag word gelisensieer of vrygestel van lisensiëring as sodanig te
wees ingevolge daardie Wet; en
(b) ’n persoon wat wettige magtiging het om die bedryf of gebruik van ’n private
elektroniese kommunikasienetwerk te beheer wat hoofsaaklik gebruik word
vir voorsiening van elektroniese kommunikasiedienste vir die eienaar se eie
gebruik en wat van lisensiëring vrygestel is ingevolge die Wet op Elektroniese
Kommunikasie, 2005;
‘‘elektroniese kommunikasienetwerk’’ ’n elektroniese kommunikasienetwerk soos
omskryf in artikel 1 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005, en sluit ’n
rekenaarstelsel in;
‘‘finansiële instelling’’ ’n ‘‘financial institution’’ soos omskryf in artikel 1 van die
‘‘Financial Sector Regulation Act’’, 2017 (Wet No. 9 van 2017);
‘‘Grondwet’’ die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, 1996;
‘‘item’’ enige—
(a) data;
(b) rekenaarprogram;
(c) rekenaardatabergingsmedium; of
(d) rekenaarstelsel,
wat—
(i) betrokke is by, in verband staan met of, op redelike gronde, geag word
betrokke te wees by of in verband te staan met die pleging of vermeende
pleging;
(ii) tot bewys kan strek van die pleging of vermeende pleging; of
(iii) wat bestem is om gebruik te word, of op redelike gronde vermeen word
bestem te wees by, die pleging of voorgenome pleging van—
(aa) ’n misdryf ingevolge Deel I en Deel II van Hoofstuk 2;
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
10
15
20
25
30
35
40
45
50
55
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents