No. 44651   13 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 13 ‘‘Wet op Belastingadministrasie, 2011’’ die Wet op Belastingadministrasie, 2011 (Wet No. 28 van 2011); ‘‘Wet op Beskerming teen Teistering, 2011’’ die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011 (Wet No. 17 van 2011); ‘‘Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013’’ die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 (Wet No. 4 van 2013); ‘‘Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, 1998’’ die Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, 1998 (Wet No. 32 van 1998); ‘‘Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002’’ die Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002 (Wet No. 70 van 2002); ‘‘Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995’’ die Wet op die Suid-Afrikaanse Polisiediens, 1995 (Wet No. 68 van 1995); ‘‘Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank, 1989’’ die Wet op die Suid-Afrikaanse Reserwebank, 1989 (Wet No. 90 van 1989); ‘‘Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 1998’’ die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 1998 (Wet No. 121 van 1998); ‘‘Wet op Doeanebeheer, 2014’’ die Wet op Doeanebeheer, 2014 (Wet No. 31 van 2014); ‘‘Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005’’ die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005 (Wet No. 36 van 2005); ‘‘Wet op Hoër Howe, 2013’’ die Wet op Hoër Howe, 2013 (Wet No. 10 van 2013); ‘‘Wet op Internasionale Samewerking in Strafregtelike Aangeleenthede, 1996’’ die Wet op Internasionale Samewerking in Strafregtelike Aangeleenthede, 1996 (Wet No. 75 van 1996); ‘‘Wet op Landdroshowe, 1944’’ die Wet op Landdroshowe, 1944 (Wet No. 32 van 1944); ‘‘Wet op Nasionale Strategiese Intelligensie, 1994’’ die Wet op Nasionale Strategiese Intelligensie, 1994 (Wet No. 39 van 1994); ‘‘Wet op Toesig oor Intelligensiedienste, 1994’’ die Wet op Toesig oor Intelligensiedienste, 1996 (Wet No. 40 van 1994); en ‘‘Wet op Vrederegters en Kommissarisse van Ede, 1963’’ die Wet op Vrederegters en Kommissarisse van Ede, 1963 (Wet No. 16 van 1963). (2) By die toepassing van artikel 2, 3(2) of (3), of 7(1) of (2) van hierdie Wet, moet, enige versuim deur ’n verantwoordelike party om te voldoen aan— (a) die voorwaardes vir regmatige prosessering van persoonlike inligting in Hoofstuk 3 bedoel; (b) artikel 72; of (c) die bepalings van ’n gedragskode uitgereik ingevolge artikel 60, van die Wet op Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013, ingevolge Hoofstuk 10 van daardie Wet hanteer word. 5 10 15 20 25 30 35 40 HOOFSTUK 2 KUBERMISDADE, KWAADWILLIGE KOMMUNIKASIES, VONNISOPLEGGING EN BEVELE TER BESKERMING VAN KLAERS TEEN 45 SKADELIKE UITWERKING VAN KWAADWILLIGE KOMMUNIKASIES DEEL I: KUBERMISDADE Wederregtelike toegang 2. (1) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik ’n handeling verrig ten opsigte 50 van— (a) ’n rekenaarstelsel; of (b) ’n rekenaardatabergingsmedium, wat die persoon wat die handeling verrig het of enige ander persoon in ’n posisie stel om ’n misdryf beoog in subartikel (2), artikel 3(1), 5(1) of 6(1) te pleeg, is skuldig aan ’n 55 misdryf. (2) (a) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik toegang tot ’n rekenaarstelsel of ’n rekenaardatabergingmedium verkry, is skuldig aan ’n misdryf. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents