No. 44651   25 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 25 (2) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 3(1), nie die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie, maar ’n oortreding van— (a) artikel 2(1) of (2); (b) artikel 3(2) of (3); of (c) artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of besit van ’n sagteware- of hardewarenutsmiddel, vir doeleindes van oortreding van artikel 3(1), bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word. (3) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 5(1), nie die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie, maar— (a) ’n oortreding van artikel 2(1) of (2); (b) ’n oortreding van artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of besit van ’n sagteware- of hardewarenutsmiddel vir doeleindes van oortreding van artikel 5(1); of (c) die misdryf van opsetlike saakbeskadiging, bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word. (4) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 6(1), nie die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie, maar— (a) ’n oortreding van artikel 2(1) of (2); (b) ’n oortreding van artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of besit van ’n sagteware- of hardewarenutsmiddel vir die doeleindes van ’n oortreding van artikel 6(1); of (c) die misdryf van opsetlike saakbeskadiging, bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word. (5) (a) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 7(1)(a) of (d) nie die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie, maar ’n oortreding van— (i) artikel 2(1) of (2); (ii) artikel 7(1)(b) of (c) of (2); of (iii) artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of besit van ’n sagtewareof hardewarenutsmiddel om ’n wagwoord, toegangskode of soortgelyke data of toestel te verkry of te gebruik, bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word. (b) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 7(1)(b) of (c) nie die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie, maar ’n oortreding van artikel 7(2) bewys, kan die skuldige aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word. (6) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 8, nie die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf bewys nie, maar— (a) ’n oortreding van artikel 2(1) of (2); (b) ’n oortreding van artikel 4(1), vir sover dit verband hou met die gebruik of besit van ’n sagteware- of hardewarenutsmiddel vir die doeleindes van— (i) inmenging met data of ’n rekenaarprogram soos in artikel 5(1) beoog; of (ii) inmenging met ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel soos in artikel 6(1) bedoel; (c) ’n oortreding van artikel 7(1) of (2) vir sover die wagwoord, toegangskode of soortgelyke data of toestelle verkry, besit, aan iemand anders voorsien of gebruik is vir die doeleindes van oortreding van die bepalings van artikel 8; (d) ’n oortreding van artikel 9(1) of (2); (e) die gemeneregmisdryf van bedrog of poging om daardie misdryf te pleeg; (f) die gemeneregmisdryf van vervalsing of uitgifte of poging om daardie misdryf te pleeg; of (g) die gemeneregmisdryf van diefstal of poging om daardie misdryf te pleeg, bewys, kan die beskuldigde aan die aldus bewese misdryf skuldig bevind word. (7) (a) Indien die getuienis op ’n aanklag van ’n oortreding van artikel 9(1), nie die misdryf of ’n oortreding van artikel 17 ten opsigte van daardie misdryf, bewys nie, maar— (i) die gemeneregmisdryf van vervalsing; (ii) ’n oortreding van artikel 9(2); of This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 5 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents