No. 44651 31
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
31
(6) ’n Persoon in subartikel (1)(a) bedoel, anders as die persoon wat van die pleging
van die betrokke misdryf beskuldig word, of ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel, kan, binne 14 dae nadat die bevel ingevolge
subartikel (4) aan hulle beteken is, of binne sodanige verdere tydperk soos die hof mag
toelaat, by kennisgewing aan die betrokke landdroshof, op die voorgeskrewe vorm en
wyse, by die hof aansoek doen om die tersydestelling of wysiging van die bevel in
subartikel (3) bedoel.
(7) (a) Die hof moet ’n aansoek ingevolge subartikel (6) aan die hof voorgelê, so gou
as redelik moontlik oorweeg en kan vir daardie doel sodanige bykomende getuienis wat
die hof gepas ag, oorweeg, met inbegrip van mondelinge getuienis of getuienis by wyse
van beëdigde verklaring, wat deel van die oorkonde van die verrigtinge moet uitmaak.
(b) Die hof kan, by die aanvoer van goeie gronde vir die wysiging of tersydestelling
van die beskermingsbevel, ’n bevel te dien effekte uitreik.
(8) Die hof kan, by die toepassing van subartikels (2) en (7), op die voorgeskrewe
vorm en wyse enige persoon laat dagvaar as ’n getuie by daardie verrigtinge of om enige
boek, dokument of voorwerp voor te lê, indien die getuienis van daardie persoon of
boek, dokument of voorwerp vir die hof noodsaaklik blyk te wees vir die regverdige
beslissing van die saak.
(9) Enige persoon in subartikel (1)(a) bedoel of ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel, wat versuim om aan ’n bevel in subartikel (3)
bedoel of enige wysigings daarvan te voldoen, is skuldig aan ’n misdryf.
(10) Enige persoon wat ingevolge subartikel (8) gedagvaar is om verrigtinge by te
woon en wat versuim om—
(a) dit by te woon of teenwoordig te bly;
(b) te verskyn by die plek en op die datum en die tyd waarheen die betrokke
verrigtinge verdaag mag word;
(c) teenwoordig te bly by daardie verrigtinge aldus verdaag; of
(d) enige boek, dokument of voorwerp in die dagvaarding gespesifiseer, voor te
lê,
is skuldig aan ’n misdryf.
(11) Die bepalings ten opsigte van appèl en hersiening soos in die Wet op
Landdroshowe, 1944, en die Wet op Hoër Howe, 2013, bepaal, is van toepassing op
verrigtinge ingevolge hierdie artikel.
(12) By die toepassing van hierdie artikel en artikels 21 en 22 beteken ‘‘om ’n
databoodskap te huisves’’ om die databoodskap op ’n elektroniese kommunikasienetwerk te berg wat gebruik word om ’n elektroniese kommunikasiediens te verskaf,
waar dit besigtig, gekopieer of afgelaai kan word.
5
10
15
20
25
30
35
Elektroniese kommunikasiediensverskaffer moet besonderhede aan hof verskaf
21. (1) Indien daar ingevolge artikel 20(1) om ’n beskermingsbevel aansoek gedoen
word en die hof ingevolge artikel 20(3) oortuig is dat ’n beskermingsbevel uitgereik
moet word en die besonderhede van die persoon in artikel 20(1)(a) bedoel, wat die
betrokke databoodskap openbaar maak of die elektroniese kommunikasiediensverskaffer, in artikel 20(1)(b) bedoel, wie se diens gebruik word om die databoodskap te
huisves of gebruik was of word om die databoodskap openbaar te maak, is nie bekend
nie, kan die hof—
(a) die verrigtinge verdaag tot enige tyd en datum op die bepalings en
voorwaardes wat die hof doenlik ag; en
(b) ’n lasgewing in die voorgeskrewe vorm uitreik, wat ’n elektroniese
kommunikasiediensverskaffer wat geglo word in staat te wees om daardie
besonderhede te verskaf, gelas om die hof op die voorgeskrewe wyse deur
middel van ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm te voorsien
van—
(i) die elektroniese kommunikasie-identiteitsnommer van waar die
databoodskap afkomstig was;
(ii) die naam, van, identiteitsnommer en adres van die persoon aan wie die
elektroniese kommunikasie-identiteitsnommer toegeken is;
(iii) enige inligting wat aandui dat die databoodskap vanaf die elektroniese
kommunikasie-identiteitsnommer van die persoon na die elektroniese
kommunikasie-identiteitsnommer van die applikant gestuur is al dan nie;
(iv) enige inligting wat beskikbaar is aan ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat die hof behulpsaam kan wees om die persoon bedoel
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
40
45
50
55
60
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents