No. 44651   35 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 35 is, aan ’n hof te verskaf ingevolge subartikel (3)(a) of sodanige verlengde tydperk wat ingevolge subartikel (3)(b) deur die hof toegelaat word; of (b) ’n vals verklaring in ’n wesenlike opsig in ’n beëdigde verklaring in subartikel (1)(b) of (3)(b) bedoel, maak, is skuldig aan ’n misdryf. (8) By die toepassing van hierdie artikel, beteken ‘‘elektroniese kommunikasieidentiteitsnommer’’ ’n tegniese identifikasie-etiket wat die oorsprong of bestemming van elektroniese kommunikasieverkeer verteenwoordig. 5 Bevele by afhandeling van strafregtelike verrigtinge 22. (1) Wanneer ’n persoon— (a) aan ’n misdryf ingevolge artikel 14, 15 of 16 skuldig bevind word; of (b) van ’n misdryf ingevolge artikel 14, 15 of 16 vrygespreek word, maar getuienis bewys dat die persoon aan teistering meegedoen het of gepoog het om aan teistering mee te doen, soos beoog in die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011, kan die verhoorhof, na afloop van ’n ondersoek, ’n beskermingsbevel soos beoog in artikel 9(4) van die Wet op Beskerming teen Teistering, 2011, teen die persoon uitreik, waarna die bepaling van daardie Wet, met die nodige veranderinge soos deur die samehang vereis, van toepassing sal wees. (2) Die verhoorhof wat ’n persoon skuldig bevind aan ’n misdryf in artikel 14, 15 of 16 beoog, moet— (a) daardie persoon beveel om te weerhou van die verdere beskikbaarstelling, openbaarmaking of verspreiding van die databoodskap beoog in artikel 14, 15 of 16, wat verband hou met die aanklag waaraan daardie persoon skuldig bevind is; (b) daardie persoon of enige ander persoon beveel om die betrokke databoodskap of enige kopie van die databoodskap of enige uitset van die databoodskap te vernietig en ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm aan die aanklaer in die bevel geïdentifiseer, voor te lê dat die databoodskap aldus vernietig is; of (c) ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer beveel om die betrokke databoodskap te verwyder of toegang daartoe te deaktiveer. (3) Die bevel in subartikel (2)(b) bedoel, vir sover dit verband hou met ’n persoon, anders as die persoon wat aan die misdryf skuldig bevind is, en subartikel (2)(c), moet in die voorgeskrewe vorm wees en moet op die voorgeskrewe wyse aan die persoon of elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken word: Met dien verstande dat, indien die verhoorhof oortuig is dat die bevel nie op die voorgeskrewe vorm en wyse beteken kan word nie, die hof ’n bevel kan gee wat betekening in die vorm of op die wyse in daardie bevel gespesifiseer, toelaat. (4) Enige persoon beoog in subartikel (2)(a) of (b) of elektroniese kommunikasiediensverskaffer beoog in subartikel (2)(c), wat versuim om aan ’n bevel in subartikel (2) bedoel, te voldoen, is skuldig aan ’n misdryf. (5) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat beveel word om die databoodskap te verwyder of toegang daartoe te deaktiveer, kan, binne 14 dae nadat die bevel ingevolge subartikel (3) aan hulle beteken is, by kennisgewing aan die betrokke verhoorhof, op die voorgeskrewe vorm en wyse, by die hof aansoek doen om die tersydestelling of wysiging van die bevel in subartikel (2)(c) bedoel. (6) (a) Die verhoorhof moet so gou as redelikerwys moontlik ’n aansoek daaraan voorgelê ingevolge subartikel (5), oorweeg en kan vir daardie doel bykomende getuienis oorweeg wat die hof gepas ag, met inbegrip van mondelinge getuienis of getuienis by wyse van beëdigde verklaring, wat deel van die oorkonde moet uitmaak. (b) Die verhoorhof kan, by die aanvoer van goeie gronde vir die wysiging of tersydestelling van die bevel, ’n bevel te dien effekte uitreik. (7) Die hof kan, vir doeleindes van subartikel (6)(a), op die voorgeskrewe vorm en wyse, enige persoon laat dagvaar as ’n getuie by daardie verrigtinge of om enige boek, dokument of voorwerp voor te lê, indien die getuienis van daardie persoon of boek, dokument of voorwerp vir die hof noodsaaklik blyk te wees vir die regverdige beslissing van die saak. (8) Enige persoon wat ingevolge subartikel (7) gedagvaar word om verrigtinge by te woon en wat versuim om— (a) dit by te woon of teenwoordig te bly; This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 10 15 20 25 30 35 40 45 50 55 60

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents