No. 44651   51 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 51 (ii) enige instrument, toestel, wagwoord, dekripteringsleutel of ander inligting wat nodig is om toegang te kry tot data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n rekenaarstelsel, te bekom of gebruik, is skuldig aan ’n misdryf. (2) (a) ’n Polisiebeampte of ’n ondersoeker wat enige instrument, toestel, toerusting, wagwoord, dekripteringsleutel, data of ander inligting beoog in artikel 29(2)(h) verkry of gebruik— (i) moet die instrument, toestel, toerusting, wagwoord, dekripteringsleutel, data of inligting slegs ten opsigte van en tot die mate gespesifiseer in die deursoekingslasbrief gebruik om toegang te kry tot, of om data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n rekenaarstelsel te gebruik op die wyse en vir die doeleindes in die betrokke deursoekingslasbrief gespesifiseer; en (ii) moet alle wagwoorde, dekripteringsleutels, data of ander inligting vernietig indien— (aa) dit nie deur ’n persoon benodig word wat die wagwoorde, dekoderingsleutels, data of inligting wettig mag besit nie; (bb) dit nie vir die doeleindes van enige strafregtelike verrigtinge of siviele verrigtinge beoog in Hoofstuk 5 of 6 van die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 1998, of vir die doeleindes van getuienis of vir doeleindes van ’n hofbevel, benodig sal word nie; of (cc) geen strafregtelike verrigtinge of siviele verrigtinge soos beoog in Hoofstuk 5 of 6 van die Wet op Voorkoming van Georganiseerde Misdaad, 1998, in verband met daardie inligting ingestel staan te word nie. (b) ’n Polisiebeampte of ondersoeker wat wederregtelik en opsetlik— (i) enige instrument, toestel, toerusting, wagwoord, dekripteringsleutel, data of inligting gebruik buite die magtiging van ’n lasbrief soos in paragraaf (a)(i) beoog; of (ii) versuim om alle wagwoorde, dekripteringsleutels, data of ander inligting soos beoog in paragraaf (a)(ii) te vernietig, is skuldig aan ’n misdryf. (3) ’n Polisiebeampte of ’n ondersoeker wat subartikel (1) of (2) oortree of versuim om daaraan te voldoen, is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en sodanige gevangenisstraf. (4) Waar ’n polisiebeampte of ’n ondersoeker skuldig bevind word aan ’n misdryf in subartikel (1) of (2) bedoel, kan die hof wat daardie persoon skuldig bevind, op aansoek van enige persoon wat skade gely het of op die aansoek van die aanklaer wat in opdrag van daardie persoon optree, vergoeding ten opsigte van daardie skade toeken, waarop die bepalings van artikel 300 van die Strafproseswet, 1977, met die nodige veranderinge deur die samehang vereis, op daardie toekenning van toepassing is. 5 10 15 20 25 30 35 40 Vals inligting onder eed of deur plegtige verklaring 38. (1) Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik vals inligting onder eed of deur plegtige verklaring gee, wetende dat dit vals is of nie wetende dat dit waar is nie, met die gevolg dat— (a) ’n deursoekingslasbrief uitgereik word; (b) ’n deursoeking in artikel 31 beoog op grond van daardie inligting plaasgevind het; (c) ’n persoon, houer, perseel, voertuig, fasiliteit, skip of lugvaartuig deursoek of ’n rekenaardatabergingsmedium of enige deel van ’n rekenaarstelsel ingevolge artikel 32 op beslag gelê word of toegang gekry word daartoe; (d) ’n lasgewing vir bespoedigde bewaring van data ingevolge artikel 41 uitgereik word; (e) ’n lasgewing vir bewaring van getuienis beoog in artikel 42 uitgereik word; of (f) ’n lasgewing vir openbaarmaking van data beoog in artikel 44 uitgereik word, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar met ’n boete of met gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens twee jaar of met beide ’n boete en daardie gevangenisstraf. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 45 50 55 60

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents