No. 44651 53
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
53
(2) Waar ’n persoon aan ’n misdryf bedoel in subartikel (1) skuldig bevind word, kan
die hof wat daardie persoon skuldig bevind, op aansoek van enige persoon wat skade
gely het of op die aansoek van die aanklaer wat in opdrag van daardie persoon optree,
vergoeding ten opsigte van daardie skade toeken, waarop die bepalings van artikel 300
van die Strafproseswet, 1977, met die nodige veranderinge deur die samehang vereis, op
daardie toekenning van toepassing is.
5
Verbod op openbaarmaking van inligting
39. (1) Geen persoon, ondersoeker, polisiebeampte, elektroniese kommunikasiediensverskaffer, finansiële instelling of ’n werknemer van ’n elektroniese
kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling mag, behoudens subartikel (2),
enige inligting wat hulle in die uitoefening van hul bevoegdhede of die verrigting van
hul pligte ingevolge Hoofstuk 4 of 5 van hierdie Wet verkry het openbaar maak nie,
behalwe—
(a) aan enige ander persoon wat dit uit noodsaak vereis vir die verrigting van hul
werksaamhede ingevolge hierdie Wet;
(b) indien hul ’n persoon is wat daardie inligting uit noodsaak verskaf in die
verrigting van hul pligte en werksaamhede ingevolge hierdie Wet;
(c) indien dit inligting is wat ingevolge enige wet as getuienis in enige geregshof
benodig word;
(d) indien dit inligtingdeling tussen elektroniese kommunikasiediensverskaffers,
finansiële instellings, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, bevoegde owerhede
of enige ander persoon of entiteit daarstel wat op die voorkoming, bespeuring,
ondersoek of mitigasie van kubermisdaad gemik is: Met dien verstande dat
sodanige inligtingdeling geen strafregtelike ondersoek of strafregtelike
verrigtinge mag benadeel nie; of
(e) aan enige bevoegde owerheid in ’n vreemde Staat wat dit benodig vir die
voorkoming, bespeuring of mitigasie van kubermisdaad, of die instelling van
strafregtelike verrigtinge of ’n ondersoek met die oog op die instelling van
strafregtelike verrigtinge.
(2) Die verbod op openbaarmaking van inligting in subartikel (1) beoog, is nie van
toepassing nie waar die openbaarmaking—
(a) ingevolge hierdie Wet of enige ander Parlementswet gemagtig is; of
(b) ’n kriminele aktiwiteit onthul.
(3) ’n Persoon, ondersoeker, polisiebeampte, elektroniese kommunikasiediensverskaffer, finansiële instelling of ’n werknemer van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling wat wederregtelik en opsetlik die bepalings
van subartikel (1) oortree, is skuldig aan ’n misdryf en is by skuldigbevinding strafbaar
met ’n boete of gevangenisstraf vir ’n tydperk van hoogstens drie jaar of met beide ’n
boete en daardie gevangenisstraf.
10
15
20
25
30
35
Onderskepping van onregstreekse kommunikasie en verkryging van intydse 40
kommunikasie-verwante inligting
40. (1) Die onderskepping van ’n onregstreekse kommunikasie soos omskryf in
artikel 1 van die Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en
Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002, moet plaasvind ingevolge ’n
lasgewing uitgereik ingevolge artikel 16(4) of 18(3) van daardie Wet en moet, 45
behoudens subartikel (4), verder hanteer word op die wyse waarvoor daardie Wet
voorsiening maak.
(2) Die verkryging van intydse kommunikasie-verwante inligting soos omskryf in
artikel 1 van die Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en
Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002, op ’n deurlopende 50
grondslag, soos dit beskikbaar word, moet plaasvind ingevolge ’n lasgewing uitgereik
ingevolge artikel 17(3) of 18(3) van daardie Wet, en moet, behoudens subartikel (4),
verder hanteer word op die wyse waarvoor daardie Wet voorsiening maak.
(3) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat—
(a) ingevolge artikel 30(1)(b) van die Wet op die Reëling van Onderskepping van 55
Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting,
2002, ’n elektroniese kommunikasiediens moet voorsien wat die vermoë het
om kommunikasie-verwante inligting te bewaar; en
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents