No. 44651   55 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 55 (b) nie vereis word om kommunikasie-verwante inligting, ingevolge ’n voorskrif ingevolge artikel 30(2) van daardie Wet uitgereik, te bewaar nie, moet, benewens enige ander verpligting deur enige wetsbepaling opgelê, voldoen aan— (i) ’n intydse kommunikasie-verwante lasgewing in subartikel (2) beoog ingevolge waarvan die elektroniese kommunikasiediensverskaffer gelas word om intydse kommunikasie-verwante inligting te voorsien ten opsigte van ’n kliënt, op ’n deurlopende grondslag, soos dit beskikbaar word; (ii) ’n lasgewing vir bespoedigde bewaring van data beoog in artikel 41, ingevolge waarvan die elektroniese kommunikasiediensverskaffer gelas word om intydse kommunikasie-verwante inligting ten opsigte van ’n kliënt te bewaar; (iii) ’n lasgewing vir bewaring van getuienis in artikel 42 beoog, ingevolge waarvan die elektroniese kommunikasiediensverskaffer gelas word om intydse kommunikasie-verwante inligting ten opsigte van ’n kliënt te bewaar; (iv) ’n lasgewing vir openbaarmaking van data in artikel 44 beoog, ingevolge waarvan die elektroniese kommunikasiediensverskaffer gelas word om intydse kommunikasie-verwante inligting ten opsigte van ’n kliënt wat deur die elektroniese kommunikasiediensverskaffer bewaar of andersins geberg is, te voorsien; of (v) enige bevel deur die aangewese regter ingevolge artikel 48(6), ingevolge waarvan die elektroniese kommunikasiediensverskaffer beveel word om— (aa) enige intydse kommunikasie-verwante inligting te verkry en te bewaar; of (bb) verkeersdata te verkry en te verskaf. (4) Enige onregstreekse kommunikasie wat onderskep moet word of enige intydse kommunikasie-verwante inligting of verkeersdata wat bekom moet word, op versoek van ’n owerheid, hof of tribunaal met jurisdiksie in ’n vreemde Staat, moet verder mee gehandel word op die wyse waarvoor in ’n bevel bedoel in artikel 48(6), deur die aangewese regter uitgereik, voorsiening gemaak word. 5 10 15 20 25 Lasgewing vir bespoedigde bewaring van data 41. (1) ’n Spesifiek aangewese polisiebeampte kan— (a) as hul op redelike gronde glo dat enige persoon, ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer in artikel 40(3) bedoel, of ’n finansiële instelling— (i) in besit is van data; (ii) data gaan ontvang; of (iii) in beheer is van data, soos beoog in paragraaf (a) van die omskrywing van ‘‘item’’; en (b) met behoorlike inagneming van die regte, verantwoordelikhede en regmatige belange van ander persone in verhouding tot die erns van die betrokke misdryf, ’n lasgewing vir bespoedigde bewaring van data aan daardie persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling uitreik. (2) Subartikel (1) is ook van toepassing op— (a) argief-bewaarde kommunikasie-verwante inligting wat ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer nie langer hoef te bewaar nie omdat die tydperk beoog in artikel 30(2)(a)(iii) van die Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002, gaan verstryk; of (b) enige ander data— (i) wat vir ’n sekere tyd geberg moet word ingevolge enige ander wetsbepaling en daardie tydperk gaan verstryk; of (ii) wat deur ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer geberg word wat nie vir intydse kommunikasie-verwante inligting of argief-bewaarde kommunikasie-verwante inligting is soos beoog in artikel 1, gelees met artikel 30(2) en enige voorskrif uitgereik ingevolge daardie artikel, van die Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasie-verwante Inligting, 2002, nie. (3) ’n Lasgewing vir bespoedigde bewaring van data moet in die voorgeskrewe vorm wees en moet op die voorgeskrewe wyse deur ’n polisiebeampte aan die persoon, elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling daardeur geraak, beteken word. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za 30 35 40 45 50 55 60

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents