No. 44651 77
STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
77
(3) Die hof voor wie ’n beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring
voorgelê word as prima facie-bewys van die tersaaklike inhoud daarvan kan, na
goeddunke, die persoon wat die beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde
verklaring afgelê het, laat dagvaar om mondelinge getuienis in die betrokke verrigtinge
af te lê of kan skriftelike vraagpunte vir beantwoording aan sodanige persoon laat voorlê
en sodanige vraagpunte en enige antwoord daarop wat voorgee om ’n antwoord van
sodanige persoon te wees, is insgelyks as getuienis by sodanige verrigtinge toelaatbaar.
(4) Geen bepaling van hierdie artikel maak inbreuk op enige ander wetsbepaling
waarkragtens enige sertifikaat of ander dokument as getuienis toelaatbaar is nie, en die
bepalings van hierdie artikel word geag so ’n wetsbepaling aan te vul en nie te vervang
nie.
(5) (a) By die toepassing van subartikel (1), is ’n dokument wat voorgee om ’n
beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring afgelê deur ’n persoon wat in
daardie beëdigde verklaring of plegtige of geattesteerde verklaring beweer dat hulle in
die diens staan van ’n liggaam in die Republiek of ’n vreemde Staat aangewys deur die
Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging by kennisgewing in die Staatskoerant,
van nul en gener waarde tensy dit—
(i) ingevolge ’n bevel van ’n bevoegde hof of op gesag van ’n regeringsinstelling
van die betrokke vreemde Staat, na gelang van die geval, verkry is; en
(ii) gewaarmerk is—
(aa) op die wyse voorgeskryf in die hofreëls vir die waarmerking van
dokumente wat buite die Republiek verly is; of
(bb) deur ’n persoon, en op die wyse beoog in artikel 7 of 8 van die Wet op
Vrederegters en Kommissarisse van Ede, 1963.
(b) Die toelaatbaarheid en bewyswaarde van ’n beëdigde verklaring in paragraaf (a)
bedoel, word nie geraak deur die feit dat die vorm van die eed, bevestiging of attestasie
daarvan verskil van die vorm van die eed, bevestiging of attestasie wat in die Republiek
voorgeskryf word nie.
(c) ’n Hof voor wie’n beëdigde verklaring of ’n plegtige of geattesteerde verklaring in
paragraaf (a) beoog, voorgelê word, kan ten einde enige onduidelikhede in die bedoelde
beëdigde verklaring op te klaar, beveel dat ’n aanvullende beëdigde verklaring of
plegtige of geattesteerde verklaring voorgelê word of dat mondelinge getuienis
aangehoor word: Met dien verstande dat mondelinge getuienis slegs aangehoor kan
word indien die hof van oordeel is dat dit in die belang van die regspleging is en dat ’n
party tot die verrigtinge wesenlik benadeel sal word indien mondelinge getuienis nie
aangehoor word nie.
5
10
15
20
25
30
35
HOOFSTUK 8
RAPPORTERINGSVERPLIGTINGE EN KAPASITEITSBOU
Verpligtinge van elektroniese kommunikasiediensverskaffers en finansiële
40
instellings
54. (1) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer of finansiële instelling wat
bewus is van of bewus word daarvan dat sy elektroniese kommunikasiediens of
elektroniese kommunikasienetwerk betrokke is by die pleging van enige kategorie of
klas misdrywe waarvoor in Deel I van Hoofstuk 2 voorsiening gemaak en wat ingevolge
subartikel (2) bepaal word, moet—
45
(a) sonder onnodige vertraging en, waar moontlik, nie later nie as 72 uur ná
bewuswording van die misdryf, die misdryf op die voorgeskrewe vorm en
wyse by die Suid-Afrikaanse Polisiediens aanmeld; en
(b) enige inligting bewaar wat die Suid-Afrikaanse Polisiediens in die ondersoek
50
van die misdryf behulpsaam kan wees.
(2) Die Kabinetslid verantwoordelik vir polisiëring, in oorleg met die Kabinetslid
verantwoordelik vir die regspleging, moet—
(a) die kategorie of klas van misdrywe wat ingevolge subartikel (1) by die
Suid-Afrikaanse Polisiediens aangemeld moet word; en
(b) die vorm en wyse waarop ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer of 55
finansiële instelling misdrywe by die Suid-Afrikaanse Polisiediens moet
aanmeld,
by kennisgewing in die Staatskoerant voorskryf.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents