STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   87 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 87 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging Wet No. 105 van 1997 Strafregwysigingswet, 1997 Wet No. 32 van 1998 Die volgende item word by Deel II van Bylae 2 gevoeg: ‘‘’n Oortreding van artikel 8, 9 of 10 van die Wet op Kubermisdade, 2020— (a) waarby bedrae van meer as R500 000,00 betrokke is; (b) waarby bedrae van meer as R100 000,00 betrokke is, indien bewys word dat die misdryf gepleeg is— (i) deur ’n persoon, groep persone, sindikaat of enige onderneming handelende in die uitvoering of bevordering van ’n gemeenskaplike doel of sameswering; of (ii) deur ’n persoon of met die sameswering of bystand van iemand anders, wat as deel van sy of haar pligte, werksaamhede of wettige magtiging toesig gehad het oor, in beheer was van of toegang gehad het tot data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingmedium of ’n rekenaarstelsel van iemand anders ten opsigte waarvan die betrokke misdryf gepleeg is; of (c) indien bewys word dat die misdryf deur enige wetstoepassingsbeampte gepleeg is— (i) waarby bedrae van meer as R10 000,00 betrokke is; of (ii) as ’n lid van ’n groep persone, sindikaat of enige onderneming handelende in die uitvoering of ter bevordering van ’n gemeenskaplike doel of sameswering; of (iii) met die sameswering of bystand van iemand anders, wat as deel van sy of haar pligte, werksaamhede of wettige magtiging toesig gehad het oor, in beheer was van of toegang gehad het tot data, ’n rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel van iemand anders ten opsigte waarvan die betrokke misdryf gepleeg is.’’. Artikels 40A en 41(4) word geskrap. Wet op die Nasionale Vervolgingsgesag, 1998 Wet op Korrektiewe Artikel 128 word geskrap. Dienste, 1998 Wet op Finansiële Artikels 65, 66 en 67 word geskrap. Intelligensiesentrum, 2001 Wet No. 111 van 1998 Wet No. 38 van 2001 This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents