STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   97 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 97 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (iii) deur die volgende item ná item 19 in te voeg: ‘‘19A. Misdrywe in verband met kinderpornografie’’. (b) Artikel 1 word gewysig— (i) deur die volgende omskrywings ná die omskrywing van ‘‘Direkteur van Openbare Vervolgings’’ in te voeg: ‘‘ ‘elektroniese kommunikasiediens’ enige diens wat in die geheel of hoofsaaklik bestaan uit die oordrag, op enige wyse, van elektroniese kommunikasies oor ’n elektroniese kommunikasienetwerk, met uitsondering van uitsaaidienste soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005; ‘elektroniese kommunikasiediensverskaffer’— (a) enige persoon wat ’n elektroniese kommunikasiediens verskaf aan die publiek, dele van die publiek, die Staat, of die intekenaars tot sodanige diens, kragtens en ooreenkomstig ’n elektroniese kommunikasiedienslisensie aan daardie persoon uitgereik ingevolge die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005, of wat geag word gelisensieer of vrygestel van lisensiëring as sodanig te wees ingevolge daardie Wet; en (b) ’n persoon wat wettige magtiging het om die bedryf of gebruik van ’n private elektroniese kommunikasiediensnetwerk te beheer wat hoofsaaklik gebruik word vir voorsiening van elektroniese kommunikasiedienste vir die eienaar se eie gebruik en wat van lisensiëring vrygestel is ingevolge die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005; ‘elektroniese kommunikasie-identiteitsnommer’ ’n tegniese identifikasie-etiket wat die oorsprong of bestemming van elektroniese kommunikasieverkeer verteenwoordig; ‘elektroniese kommunikasienetwerk’ ’n ‘elektroniese kommunikasienetwerk’ soos omskryf in artikel 1 van die Wet op Elektroniese Kommunikasie, 2005, en sluit ’n rekenaarstelsel in;’’. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents