STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   101 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 101 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (c) Die volgende Deel en artikels word hierby ná artikel 11 in Hoofstuk 2 ingevoeg: ‘‘Deel 3A Persone 18 jaar of ouer: Skadelike openbaarmaking van pornografie en bevele om klaer teen skadelike uitwerking van openbaarmaking van pornografie te beskerm Skadelike openbaarmaking van pornografie 11A. (1) Iemand (‘A’) wat wederregtelik en opsetlik pornografie waarin ’n persoon (‘B’) verskyn of beskryf word, openbaar maak of veroorsaak dat dit openbaar gemaak word, en sodanige openbaarmaking— (a) vind plaas sonder B se toestemming; en (b) veroorsaak enige leed, met inbegrip van geestelike, psigologiese, fisieke, maatskaplike of ekonomiese leed, aan B of enige lid van B se familie of enige ander persoon in ’n noue verwantskap met B, is skuldig aan die misdryf van skadelike openbaarmaking van pornografie. (2) Iemand (‘A’) wat wederregtelik en opsetlik dreig om pornografie soos bedoel in subartikel (1) openbaar te maak of dreig om die openbaarmaking daarvan te veroorsaak, en sodanige dreigement enige leed, of sodanige openbaarmaking redelikerwys verwag kan word om enige leed, bedoel in subartikel (1)(b) te veroorsaak, is skuldig aan die misdryf van dreigement om pornografie openbaar te maak wat leed sal veroorsaak. (3) Iemand (‘A’) wat wederregtelik en opsetlik dreig om pornografie in subartikel (1) bedoel openbaar te maak of dreig om die openbaarmaking daarvan te veroorsaak ten einde enige voordeel van B of enige familielid van B of enige ander persoon in ’n noue verwantskap met B, te verkry, is skuldig aan die misdryf van skadelike openbaarmaking van pornografie verwante afpersing. Bevele ter beskerming van klaer teen skadelike openbaarmaking van pornografie beskerm hangende afhandeling van strafregtelike verrigtinge This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents