STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
No. 44651 103
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
103
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
11B. (1) ’n Klaer (hierna die applikant
genoem) wat ’n klag by die SuidAfrikaanse Polisiediens indien dat ’n
misdryf in artikel 11A(1), (2) of (3) beoog
na bewering teen hom of haar gepleeg is,
kan op ’n ex parte-grondslag op die
voorgeskrewe vorm en wyse, by ’n
landdroshof aansoek doen om ’n
beskermingsbevel hangende die afhandeling
van
die
strafregtelike
verrigtinge om—
(a) enige persoon te belet om pornografie
wat met die klag verband hou,
openbaar te maak, of veroorsaak dat
dit openbaar gemaak word of die
applikant te dreig met die openbaarmaking of veroorsaking van die
openbaarmaaking daarvan; of
(b) ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wie se elektroniese
kommunikasiediens gebruik word
om die pornografie te huisves of
openbaar te maak wat met die klag
verband hou, te beveel om daardie
pornografie te verwyder of toegang
daartoe te deaktiveer.
(2) Die hof moet ’n aansoek ingevolge
subartikel (1) aan die hof voorgelê, so gou
as redelik moontlik oorweeg en kan, vir
daardie doel, enige bykomende getuienis
wat die hof gepas ag, oorweeg, met
inbegrip van mondelinge getuienis of
getuienis by wyse van beëdigde verklaring, wat deel van die oorkonde van die
verrigtinge moet uitmaak.
(3) Indien die hof oortuig is dat daar—
(a) prima facie getuienis is dat ’n
misdryf in artikel 11A(1), (2) of (3)
bedoel, na bewering teen die
applikant gepleeg is; en
(b) redelike gronde is om te glo dat ’n
persoon in subartikel (1)(a) bedoel,
daardie pornografie openbaar gemaak
het of openbaarmaking veroorsaak
het of die applikant gedreig het
met
die
openbaarmaking
of
veroorsaaking van die openbaarmaking van die pornografie; of
(c) redelike gronde is om te glo dat die
elektroniese kommunikasiediens van
die elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel,
gebruik word om daardie pornografie
te huisves of openbaar te maak,
kan die hof, onderworpe aan sodanige
voorwaardes wat die hof gepas ag, die
bevel bedoel in subartikel (1) in die
voorgeskrewe vorm uitreik.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents