STAATSKOERANT, 1 Junie 2021
No. 44651 105
Wet No. 19 van 2020
Wet op Kubermisdade, 2020
105
Nommer en
jaar van wet
Kort titel
Omvang van herroeping of wysiging
(4) Die bevel in subartikel (3) bedoel,
moet aan die persoon in subartikel (1)(a)
of elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel, op
die voorgeskrewe wyse beteken word: Met
dien verstande dat indien die hof oortuig is
dat die bevel nie op die voorgeskrewe
wyse beteken kan word nie, die hof ’n
bevel kan gee wat betekening in die vorm
of op die wyse in daardie bevel
gespesifiseer, toelaat.
(5) ’n Bevel in subartikel (3) bedoel, is
van krag vanaf die oomblik wat dit deur
die hof uitgereik word en die bestaan
daarvan onder die aandag van die persoon
bedoel in subartikel (1)(a) of elektroniese
kommunikasiediensverskaffer bedoel in
subartikel (1)(b), gebring is.
(6) Iemand in subartikel (1)(a) bedoel,
anders as die persoon wat van die pleging
van die betrokke misdryf beskuldig word,
of ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer in subartikel (1)(b) bedoel kan,
binne 14 dae nadat die bevel ingevolge
subartikel (4) aan hom of haar beteken is,
of binne sodanige verdere tydperk wat die
hof mag toelaat, by kennisgewing aan die
betrokke landdroshof, op die voorgeskrewe vorm en wyse, by die hof
aansoek doen om die tersydestelling of
wysiging van die bevel in subartikel (3)
bedoel.
(7) (a) Die hof moet ’n aansoek
ingevolge subartikel (6) aan die hof
voorgelê, so gou as redelik moontlik
oorweeg en kan vir daardie doel sodanige
bykomende getuienis soos die hof gepas
ag, oorweeg, met inbegrip van mondelinge
getuienis of getuienis by wyse van
beëdigde verklaring, wat deel van die
oorkonde van die verrigtinge moet uitmaak.
(b) Die hof kan, by die aanvoer van
goeie gronde vir die wysiging of
tersydestelling van die beskermingsbevel,
’n bevel te dien effekte uitreik.
(8) Die hof kan, vir doeleindes van
subartikels (2) en (7), op die voorgeskrewe
vorm en wyse enige persoon laat dagvaar
as ’n getuie by daardie verrigtinge of om
enige boek, dokument of voorwerp voor te
lê, indien die getuienis van daardie
persoon of boek, dokument of voorwerp
vir die hof noodsaaklik blyk te wees vir die
regverdige beslissing van die saak.
This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za
Select target paragraph3
Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents