STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   111 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 111 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (vi) ’n assessering of die elektroniese kommunikasiediensverskaffer in ’n posisie is, al dan nie, om— (aa) daardie pornografie of ’n skakel na daardie pornografie te verwyder; of (bb) toegang tot daardie pornografie of ’n skakel na daardie pornografie te deaktiveer. (2) Indien die hof ’n lasgewing ingevolge subartikel (1)(b) uitreik, moet die hof gelas dat die lasgewing op die voorgeskrewe wyse aan die elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken word: Met dien verstande, dat indien die hof oortuig is dat die lasgewing nie op die voorgeskrewe wyse beteken kan word nie, die hof ’n bevel kan gee wat betekening in die vorm of op die wyse in daardie bevel gespesifiseer, toelaat. (3) (a) Die inligting in subartikel (1)(b) bedoel, moet binne vyf gewone hofdae vanaf die dag waarop die lasgewing aan ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken is, aan die hof verskaf word. (b) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer aan wie ’n lasgewing beteken is, kan op die voorgeskrewe wyse en deur middel van ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm by die hof aansoek doen om— (i) ’n verlenging van die tydperk van vyf gewone hofdae in paragraaf (a) bedoel vir ’n verdere tydperk van vyf gewone hofdae op grond daarvan dat die inligting nie tydig voorsien kan word nie; of (ii) die kansellasie van die lasgewing op grond daarvan dat— (aa) dit nie ’n elektroniese kommunikasiediens aan die applikant of die persoon bedoel in artikel 11B(1)(a) lewer nie; (bb) die inligting wat aangevra is, nie in die rekords van die elektroniese kommunikasiediensverskaffer beskikbaar is nie; of (cc) hul diens nie gebruik word om daardie pornografie te huisves nie of nie gebruik was of word om daardie pornografie openbaar te maak nie. (4) Ná ontvangs van ’n aansoek ingevolge subartikel (3)(b)— (a) moet die hof die aansoek oorweeg; This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents