No. 44651   113 STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 113 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (b) kan die hof, op die voorgeskrewe wyse, sodanige bykomende getuienis versoek by wyse van beëdigde verklaring van die elektroniese kommunikasiediensverskaffer soos wat die hof goeddink; (c) moet die hof daaroor beslis; en (d) moet die hof die elektroniese kommunikasiediensverskaffer op die voorgeskrewe vorm en wyse van die uitslag van die aansoek verwittig. (5) (a) Die hof kan, by ontvangs van ’n beëdigde verklaring van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat die inligting bedoel in subartikel (1)(b) bevat, die uitreiking van ’n beskermingsbevel ingevolge artikel 11B(3) teen die persoon of elektroniese kommunikasiediensverskaffer oorweeg op die datum waarheen die verrigtinge verdaag is. (b) Enige inligting wat ingevolge subartikel (1)(b) aan die hof verskaf is, maak deel uit van die getuienis wat ’n hof ingevolge artikel 11B(3) kan oorweeg. (6) Die Kabinetslid verantwoordelik vir die regspleging kan, by kennisgewing in die Staatskoerant, redelike tariewe voorskryf vir vergoeding betaalbaar aan elektroniese kommunikasiediensverskaffers vir die verskaffing van die inligting in subartikel (1)(b) bedoel. (7) Enige elektroniese kommunikasiediensverskaffer of werknemer van ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat— (a) versuim om die vereiste inligting binne vyf gewone hofdae vanaf die dag waarop die lasgewing aan daardie elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken is, aan ’n hof te verskaf ingevolge subartikel (3)(a) of sodanige verlengde tydperk wat ingevolge subartikel (3)(b) deur die hof toegelaat word; of (b) ’n vals verklaring in ‘n wesenlike opsig in ’n beëdigde verklaring bedoel in subartikel (1)(b) of (3)(b) maak, is skuldig aan ’n misdryf. Bevele by afhandeling regtelike verrigtinge van straf- 11D. (1) Die verhoorhof, wat ’n persoon skuldig bevind aan enige misdryf in artikel 11A(1), (2) of (3) bedoel, moet— This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents