STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   115 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 115 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (a) daardie persoon beveel om die pornografie te vernietig en om ’n beëdigde verklaring in die voorgeskrewe vorm aan die aanklaer in die bevel geïdentifiseer, voor te lê, dat die pornografie aldus vernietig is; of (b) ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer wie se diens gebruik word om daardie pornografie te huisves of openbaar te maak, beveel om daardie pornografie te verwyder of toegang daartoe te deaktiveer. (2) Die bevel in subartikel (1)(b) bedoel, moet in die voorgeskrewe vorm wees en moet op die voorgeskrewe wyse aan die elektroniese kommunikasiediensverskaffer beteken word: Met dien verstande dat, indien die verhoorhof oortuig is dat die bevel nie op die voorgeskrewe wyse beteken kan word nie, die hof ’n bevel kan gee wat betekening in die vorm of op die wyse in daardie bevel gespesifiseer, toelaat. (3) Enige persoon of elektroniese kommunikasiediensverskaffer wat versuim om aan ’n bevel in subartikel (1) bedoel te voldoen, is skuldig aan ’n misdryf. (4) ’n Elektroniese kommunikasiediensverskaffer kan, binne 14 dae na die bevel bedoel in subartikel (1)(b), ingevolge subartikel (2) daaraan beteken is, by kennisgewing aan die betrokke verhoorhof, op die voorgeskrewe vorm en wyse, by die verhoorhof aansoek doen om die tersydestelling of wysiging van die bevel. (5) (a) Die verhoorhof moet so gou as redelikerwys moontlik ’n aansoek ingevolge subartikel (4) daaraan voorgelê, oorweeg en kan vir daardie doel sodanige bykomende getuienis oorweeg wat die hof gepas ag, met inbegrip van mondelinge getuienis of getuienis by wyse van beëdigde verklaring, wat deel van die oorkonde moet uitmaak. (b) Die hof kan, by die aanvoer van goeie gronde vir die wysiging of tersydestelling van die bevel, ’n bevel te dien effekte uitreik. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents