STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   117 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 117 Nommer en jaar van wet Kort titel Omvang van herroeping of wysiging (6) Die verhoorhof kan, by die toepassing van subartikel (5)(a), enige persoon op die voorgeskrewe vorm en wyse laat dagvaar as getuie by daardie verrigtinge of om enige boek, dokument of voorwerp voor te lê, indien die getuienis van daardie persoon of boek, dokument of voorwerp vir die hof noodsaaklik blyk te wees vir die regverdige beslissing van die saak. (7) Enige persoon wat ingevolge subartikel (6) gedagvaar is om verrigtinge by te woon en wat versuim om— (a) dit by te woon of teenwoordig te bly; (b) te verskyn by die plek en op die datum waarheen die betrokke verrigtinge verdaag kan word; (c) teenwoordig te bly by daardie verrigtinge aldus verdaag; of (d) enige boek, dokument of voorwerp in die dagvaarding gespesifiseer, voor te lê, is skuldig aan ’n misdryf. (8) By die toepassing van hierdie artikels, beteken ‘verhoorhof’— (a) ’n landdroshof ingestel kragtens artikel 2(1)(f)(i) van die Wet op Landdroshowe, 1944; (b) ’n hof vir ’n streeksafdeling ingestel kragtens artikel 2(1)(g)(i) van die Wet op Landdroshowe, 1944; of (c) ’n Hooggeregshof bedoel in artikel 6(1) van die Wet op Hoër Howe, 2013. (9) Wanneer ’n persoon ook al aan ’n misdryf in artikel 11A(1), (2) of (3) skuldig bevind word, moet die verhoorhof ’n bevel gee dat die persoon wat aldus skuldig bevind is, alle koste moet vergoed wat redelikerwys aangegaan is deur— (a) ’n klaer na aanleiding van enige lasgewing ingevolge artikel 11C(1)(b) uitgereik; of (b) ’n elektroniese kommunikasiediensverskaffer om daardie pornografie te verwyder of toegang daartoe te deaktiveer, waarop die bepalings van artikel 300 van die Strafproseswet, 1977, met die nodige veranderinge deur die samehang vereis, by daardie bevel van toepassing sal wees.’’. (d) Hoofstuk 3 word hierby gewysig— (i) deur die opskrif by Deel 2 van Hoofstuk 3 deur die volgende opskrif te vervang: This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents