STAATSKOERANT, 1 Junie 2021 No. 44651   19 Wet No. 19 van 2020 Wet op Kubermisdade, 2020 19 (3) By die toepassing van hierdie artikel beteken ‘‘wagwoord, toegangskode of soortgelyke data of toestel’’ ook— (a) ’n geheime kode of pin; (b) ’n beeld; 5 (c) ’n sekuriteitsbewys; (d) ’n toegangskaart; (e) enige toestel; (f) biometriese data; of (g) ’n woord of ’n string karakters of nommers, gebruik vir finansiële transaksies of gebruikeroutentisering ten einde data, ’n 10 rekenaarprogram, ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel te gebruik. Kuberbedrog 8. Enige persoon wat wederregtelik en met die opset om te bedrieg, ’n wanvoorstelling maak— 15 (a) deur middel van data of ’n rekenaarprogram; of (b) deur enige inmenging met data of ’n rekenaarprogram soos beoog in artikel 5(2)(a), (b) of (e) of inmenging met ’n rekenaardatabergingsmedium of ’n rekenaarstelsel soos beoog in artikel 6(2)(a), wat werklike of potensiële benadeling vir iemand anders veroorsaak, is skuldig aan die 20 misdryf van kuberbedrog. Kubervervalsing en -uitgifte 9. (1) Enige persoon wat wederregtelik en met die opset om te bedrieg— (a) vals data; of (b) ’n vals rekenaarprogram, maak tot die werklike of potensiële benadeling van ’n ander persoon, is skuldig aan die 25 misdryf van kubervervalsing. (2) Enige persoon wat wederregtelik en met die opset om te bedrieg— (a) vals data; of (b) ’n vals rekenaarprogram, uitgee, tot die werklike of potensiële benadeling van ’n ander persoon, is skuldig aan die 30 misdryf van kuberuitgifte. Kuberafpersing 10. Enige persoon wat wederregtelik en opsetlik ’n misdryf beoog in artikel 3(1), 5(1), 6(1) of 7(1)(a) of (d) pleeg of dreig om sodanige misdryf te pleeg, met die doel om— 35 (a) enige voordeel van iemand anders te verkry; of (b) iemand anders te dwing om enige handeling te verrig of nie te verrig nie, is skuldig aan die misdryf van kuberafpersing. Verswarende misdrywe 11. (1) (a) Enige persoon wat ’n misdryf pleeg bedoel in— 40 (i) artikel 3(1), 5(1) of 6(1), ten opsigte van; of (ii) artikel 7(1), vir sover die wagwoorde, toegangskodes of soortgelyke data en toestelle verband hou met, ’n beperkte rekenaarstelsel en wat weet of redelikerwys moes geweet het of vermoed het dat dit ’n beperkte rekenaarstelsel is, is skuldig aan ’n verswarende misdryf. 45 (b) By die toepassing van paragraaf (a), beteken ’n ‘‘beperkte rekenaarstelsel’’ enige data, rekenaarprogram, rekenaardatabergingsmedium of rekenaarstelsel— (i) onder die beheer van, of uitsluitlik gebruik deur— (aa) ’n finansiële instelling; of (bb) ’n staatsorgaan soos uiteengesit in artikel 239 van die Grondwet, met 50 inbegrip van ’n hof; en (ii) wat deur sekuriteitsmaatreëls teen ongemagtigde toegang of gebruik beskerm word. This gazette is also available free online at www.gpwonline.co.za

Select target paragraph3

Connect to a paragraph
Connect to an entity
Disable highlights
Add to table of contents